Sunday, May 9, 2010

Die Ghana pakkie storie - Deel 2

Ek het julle mos vertel van my vriend in Ghana. Ons twee het ‘n nou paadjie saamgeloop, en voel soos ware broers - brathas of Africa.

Ons verhaaltjie het begin met ‘n email wat ek uit die bloute ontvang het. Die email het my laat weet dat ek een of ander “grand prize” gewen het, en dat ek moet laat weet of ek nog die ding wil hê. Ek (ene chester williams, alhoewel die oorspronkilke email nooit na Chester ge-adresseer was nie) het dadelik aangedui dat ek intens belangstel.

My nuwe vriend het die volgende email na my gestuur:


Global Courier Service Company
(Federal Government of Ghana Approved Diplomatic Courier Co.)
Corporate Office: Plot 62, D13 Manetville East Airport, Accra Ghana.
Tel: +233 249 141364.

*AIR FREIGHT *OCEAN CARGO *CARGO MOVEMENT*REPACKAGING
*CONTAINERIZATION *WAREHOUSING *CONSOLIDATION
__________________________________________________

ATTN; Chester Williams

WE WISH TO ACKNOWLEDGE THAT WE HAVE YOUR BOX IN OUR CUSTODY.OUR DIPLOMAT AGENT IN CHARGE OF THE NEXT DELIVERY TASK WILL BE LEAVING GHANA. YOU WILL BE REQUIRED TO SEND THE FOLLOWING REQUIREMENT BEFORE YOUR PARCEL CAN BE INCLUDED IN THE NEXT BERGE OF DIPLOMATIC DELIVERY THAT WILL BE LEAVING, ALSO I WANT YOU TO KNOW THAT YOU HAVE TO PAY FOR THE SECURITY KEEPING FEES BEFORE OUR DIPLOMATIC AGENT CAN CARRY ON WITH YOUR BOX TO YOUR ADDRESS.

BELOW ARE THE REQUIREMENT:
SECURITY KEEPING FEE: $150.00TOTAL: $150.00
BEAR IT IN MIND THAT WITHOUT OUR SECURITY KEEPING FEE YOUR BOX WILL NOT BE DELIVERED AS SCHEDULED.

YOU CAN SEND THE ABOVE MENTIONED CHARGES VIA WESTERN UNION MONEY TRANSFER WITH THE NAME OF OUR PROTOCAL OFFICER BELOW;

NAME: EMEKA JOHN PAUL
ADDRESS: 34 NEW ACHIMOTA PLAZER,
STATE: ACCRA
COUNTRY: GHANA
TEXT QUESTION: WHAT FOR?
ANSWER: DELIVERY.

WE WAIT YOUR URGENT RESPONSE

YOURS FAITHFULLY,

Mr. Kelvin Kwame
+233 249 142364
Global Courier Service Company

1. YOUR FULL NAME:
Chester williams [dis nou wat ek hier invul]

2.YOUR HOME OR COMPANY ADDRESS:
P.O. Box 274, Ventersdorp, 2710 [die AWB het nog nooit so baie pos uit Ghana gekry nie...]

3. YOUR TELEPHONE NUMBER:
+27 082 897 1018 [Oom Eugene se hot sekretaresse antwoord hopelik die nommer]

Die feit dat die ou professioneel genoeg is om heeltyd HOOFLETTERS dwarsdeur sy paragrawe te gebruik, wys net hoe bitter onnosel hierdie mense is. Hy dink seker hoofletters gaan die ding meer authentic laat lyk?

Maar glo my, hulle is steeds slim genoeg om idiote daar buite te vang met ‘n slap riem. (Meestal seker maar mense wat nie verstaan hoe slinks Sipho se kop kan werk nie.)

Ek het die naam en nommer baie sorgvuldig en eerlik ingevul, en toe hierdie email aangestuur na Kelvin:

I don't know what western union transfer is all about. How do I pay the money? Are these Ghana Dollars?

Regards,
chester

Heh-heh, ek weet nie watter geld-eenheid die idiote daar in Ghana gebruik nie, maar ek speel bietjie met sy klein brein. Obviously gaan 150 ghana dollas baie minder werd wees as die immergewilde greenback.

Ek het intussen al baie opgelees oor hierdie 419-scammers. Daar is websites vol inligting oor hierdie skelm werfetters. Een ding wat almal van hulle doen, is om Western Union Money Transfer te gebruik. Blykbaar kan jy geld internasionaal oorplaas via Western union, maar dis moeilik om die ou aan die ander kant weer op te spoor as jy eers jou geld na hom toe gestuur het. Kredietkaarte en Paypal is bietjie meer “secure”, en die scammertjies bly weg van hulle af.

Ek het dadelik gemaak asof ek nog nooit van hierdie Western Union ding gehoor het nie.

Lees volgende keer verder oor hoe ek en my bratha saam besigheid gedoen het, en hoe ons unieke verhouding - oor die kleur-en-landsgrense heen - gevorder het tot een van wedersydse vertroue, eenheid en 'n algemene toestand van vrede en harmonie.

No comments: