Saturday, August 28, 2010

My Malawi trip 1993 - Deel 1

Lank, lank gelede, nog voor Mandela oorgevat het, en nog voor Hansie Cronje se skandes, was daar ‘n klomp studente op Stellenbosch wat die wêreld wou gaan verken.

Ons almal het nog gewonder hoe lyk dit in die res van donker Afrika, want tot nou toe het niemand met ‘n vaal vel dit ooit buite die grense van Suid-Afrika/SWA gewaag nie. (Behalwe nou vir die Recces en Pik Botha, natuurlik.)

Ons was vreeslik dapper, en het besluit ons gaan bietjie kyk hoe lyk Malawi.

Almal van ons, behalwe een, natuurlik. Sy naam was Christoffel Hendrikus Lombard - ook bekend as “Tolla”, onder party van ons. Hy sou saamgaan, maar het op die laaste oomblik te bang geraak, en liewer by die huis gebly.  Hy huil nou nog lang trane oor daai ene...

Die res van ons: ek, Jan, Louis , Dougie en Anton, het die tog aangepak. Ons het vliegkaartjies gekoop om te vlieg van Harare na Lilongwe, en weer terug. Dis omtrent hoe ver die beplanning gegaan het - die res van die trip was oorgelaat aan die genade.

Die plan was om ons rugsakke te pak met genoeg biltong en beskuit, en dan te hike oral waar ons gaan. Blykbaar baie maklik, ander studente doen dit gereeld.

Ons het met Anton se ou Datsun stasiewa gery van Stellenbosch af. Op pad Messina toe het ons eers ‘n draai op Ermelo gemaak. Anton se ouma-hulle het daar gebly. Dis een van die koudste nagte wat ek in my lewe ervaar het - selfs al sluit ek my army ervarings ook in. Die Ouma het gelukkig omtrent 14 lae komberse op elkeen se bed gehad, en ons kon oorleef. (Dit was Junie - in die middel van die winter.)

Van daar het ons aangeskuif na Dougie se pa se plaas naby die Kruger wildtuin. Hier het ons ‘n paar rooibokke platgetrek en biltong gemaak. Een hele groot dra-sak was volgepak van die biltong.
Jan met een van die rooibokke, en Anton onder:
Ons kuier lekker oppie plaas
Die plan was om nou van hier af weg te trek met die rooi Datsun, en dan te ry tot in Harare, daar in Bob se land. Toe ons egter by Messina kom, het Anton lankal moed verloor, en wou hy die kar net daar by Messina se polisie stasie los. (Daai dae was daar nog wit Polisie-manne en hulle het jou goed nog opgepas.)

Die rooi Datsun

Hy was bietjie bang vir die Zimbabwe affêre, want hy was baie lief vir die ou skedonk van hom. Ons was nie baie tevrede met die opsie nie, want een van die goed wat ons vooraf gedoen het, was om versekering te betaal op sy kar - internasionale versekering wat selfs in Zimbabwe sou geld. Ons het ook die kar se diens betaal, en hom mooi reggekry vir die fancy trip.

Hy wou egter niks weet nie, en ons het die kar by die Polisie-stasie gelos. Die Polisiemanne het reguit vir ons vertel dat ons mal was, en dat ons nie lewend gaan terugkom nie. Die Swart Gevaar daar oorkant was baie gevaarlik, volgens hulle.

Hier staan ons toe - vyf jong manne met rugsakke, oppad na Malawi se blink meer toe.

Ons het ‘n ent gestap tot by die grenspos, as ek reg onthou. By die grenspos was dit ons eerste ontmoeting met die vriendelike Zimbabwe-mense. Gelukkig is ek toe al gewoond aan Nambobbejania se grenspos, waar die Swapos jou uitkyk asof jy die vyand is, en waar jy leer om nooit haastig te lyk nie, en altyd vriendelik groet en mooipraaitjies praat met die dom doeane-beamptes wat skaars kan skryf.

Ek het die manne mooi deur die grenspos gekry. Tot op die punt waar hulle vir Dougie vra wat is in daai groot rooi sak wat hy so vasklou met sy lewe. Dis nou die biltong, sien. Dougie is baie traag om die sak oop te maak, en uiteindelik is die ding oop. Die Bwana loer net die ding en sê “You eat raw meat, like hyena?!!” Met so regte terroris-uitdrukking wat Zuma sal laat trots voel.

Ons is toe darem daar weg, na ons vreeslik vriendelik lag oor sy hyena grappie. Wonder of hy nou nog lag, met die baie vleis en kos wat mens deesdae in Zimbabwe kry?

Ons is almal baie bly oor die biltong wat deur die grens is. Dis mos darem die belangrikste deel van die hele trip. Ons soek rond vir taxis of “lifts”, maar daar gaan nie veel aan nie, behalwe vir sulke vodde taxis wat lyk asof hulle AIDS het.

Ons vind uit hier is ‘n bus. Die fancy bus loop al die pad Harare toe. Ons koop kaartjies, en klim op die bus, met ons groot rugsakke en al. Ons kry plek daar op die agterste seat nogal - die mense maak plek vir die witman wat busry - hulle oge is groot. Ons skuif daar in, en styf teen ons skuif drie memes ook lekker snoesig in.
Kyk net die antie se lekka baard

Ons ry en ons ry en ons ry. Harare is vrek ver van Beitbridge af. Dit raak warm hier op die snoesige stoel in die bus.

Dougie haal sy waterbottel uit, hy vat ‘n lekker teug. Die dame langs hom vra of sy ook ‘n sluk kan kry van die water. Die man kyk vir my en vra in Afrikaans “wat moet ek nou doen?” Hy lyk asof die duiwel homself bo-op hom gespring het. Ek sê vir hom “gee vir haar, man , jy sal nie vrek van hulle kieme nie”.

Ek dink terug aan my army dae - toe ‘n man se kleur jou niks gepla het as jy dors was , en hy het sy waterbottel vir jou aangebied nie.

Dougie gee vir haar die bottel. Sy vat so paar lekka slukke en pass hom aan na die ander twee memes toe. Nou kom die ding hier na ons kant toe. Ek weet hier kom nou groot marakkas. As ons nie weer drink aan daai bottel nie, dan maak hierdie memes ons vrek vandag. Hulle toets nou of hierdie “whiteys” regtig op die bus hoort hier in donker Afrika. Ek tree mooi galant op, en gryp die bottel voor enige van my makkers ons dalk in die skande steek. Ek vat maar die sluk, en nous almal weer happy. My makkers is net te bly om na my aan die bottel te suie.

Dougie was later so gemaklik met sy nuwe vriende, dat hy sommer op meme se skouer aan die slaap geraak het:
Ons kom later uiteindelik in Harare aan, en kry na ‘n lang gesukkel die Karavaankamp waar ons ons tente gaan opslaan. Ons gaan nou ‘n dag of twee hier bly, en dan klim ons op die vliegtuig na Lilongwe.

Anton het die nommer van een of ander wit ou wat geld smous teen goeie koerse. Daai tyd kon jy op straat maklik Zim$2 vir R1 gekry het. Kan jy glo. Daar was ouens wat beter aanbied, maar dis onwettig, en jy moet jou suppliers mooi uitkyk. Die tronk hier in Harare is nie verniet een van die berugste in die wêreld nie. Chikorobi of so iets - baie mense het net nooit weer daar uitgestap nie...

Ons soek ons half lam vir ‘n tiekieboks. Daar was daai dae nog nie selfone nie. Nie in Afrika nie, in elk geval. Toe die ou optel, en hoor ons wil geld ruil, toe knip hy die gesprek baie vinnig kort en sê hy stel nie belang nie.
Ons moet maar toe op straat geld ruil. As jy nou ooit wil toets hoe flink jou brein is, en hoe goed jou waarnemings-vermoëns is, moet jy op enige plek in Afrika probeer geld ruil op straat. Daai manne is “fly”. Hulle smokkel jou kop tot jy dink jy het ‘n goeie deal, en dan later maak jy weer sommetjies, dan sien jy die ou het jou bevark met ‘n faktor van 10 of 100.

Jy moet bitter, bitter vinnig wees, en dan ook nog kyk vir die rolle note wat koerantpapier binne-in het, en al daai jazz. En as jy uitvind hulle het jou bevark, waarnatoe gaan jy? As jy Polisie toe gaan , word jy tronk toe gevat omdat jy geld op die swartmark smokkel. Afrika is ‘n wilde plek, bwana.

Ons het baie in Harare rondgeloop en so paar fotos geneem:


Van hier af moes ons Harare lughawe toe gaan, en die vlug vat Lilongwe toe. Ek vertel later verder hieroor.

No comments: