Ek het vanoggend opgestaan met een doel voor oë. Dit was om uiteindelik by die Australiese ambassade in te gaan en my paspoort te oorhandig, sodat ek my permanent residence visa kan kry. Dis hoekom ons na Sweetfontein toe gekom het in die eerste plek. Die email wat Immigrasie aan ons gestuur het, het verduidelik dat ons eers drie werksdae moet wag voordat ons na die ambassade toe gaan.
Dan moet jy voorsiening maak vir nog 5 dae vir hulle om jou goed af te handel.
Die een voordeel van vandag se trippie was dat ek alleen kon beweeg. Geen vrou of kinders nie – geen huismoleste nie. Dit was baie makliker. Ek het eenvoudig op google gaan kyk watter roete moet ek vat. Ek het twee busse gevang en reg voor die ambassade se deur gestop. Daardie area van Singapore is ongelooflik mooi. Dis definitief die beter buurt, as mens dit so kan stel. Anderkant die treinspoor of so iets.
Die Australiese ambassade is reg langs die Amerikaanse een. Ek weet nie of dit so blink idee is nie, maar hulle voel seker albei veiliger langs mekaar. Dit maak egter die terrs se target area bietjie wyer en makliker as jy my vra.
Daar is intense sekuriteit by daardie plek. Dis erger as wat dit op die Grens was destyds. Die pad waar die karre ingaan het ‘n hek – maar dis nie sommer enige hek nie. Daar is geen manier wat jy deur daai hek jaag met jou A-team van nie, al het jy armoured plating opgeplak. Daar is twee sulke groot metaal hobbels in die pad. Hulle laat sak eers een hobbel in die grond in, en dan stop jy tussen die twee hobbels, met nog hekke ook tussen-in. Die wag kyk jou eers deur, en as hy tevrede is dan radio hy iemand anders wat die tweede hobbel laat sak, en die ander een het intussen al weer opgelig.
By die hek waar voetgangers ingaan, moet jy jou selfoon en enige kameras en ‘n foto ID uitlewer aan hulle genade, en hulle gee vir jou ‘n kwitansie.
Toe ek uiteindelik deur al die sekuriteitshekke is, en ek loop uit, toe staan hier ‘n arabiese terroris reg langs my met ‘n AK. Ek skrik my lam, ek dog dis die derde wêreldoorlog wat aanbreek.
Dis toe al die tyd een van die tuiniers met ‘n weed eater – hy het so kopdoek om sy kop om die gras uit sy gesig te hou, en groot lelike safety goggles wat amper soos ‘n gasmasker lyk. Jong, ek het amper oorlog gemaak daar in die ambassade se gronde.
Die visa het toe eintlik baie vinnig gegaan. Hulle het binne 5 minute die oranje stickers in al vyf paspoorte geplak, en alles is klaar. Daai tannie agter die venstertjie weet nie hoe hard ek moes werk om tot by hierdie punt te kom nie. Daar was IELTS taaltoetse, police clearance vorms wat maande lank gevat het, unabridged birth certificates, mediese toetse, en wie weet wat nog alles.
Uiteindelik is dit klaar. Ek wil nou wegkom uit Sauna-poer en huis toe gaan. Ek dink egter dit gaan my dalk ‘n klomp Singapura dollas kos as ek die kaartjies nou verander. Ons sal maar nog so bietjie moet sweet en kyk of ons dit kan uithou.
No comments:
Post a Comment