Jy sal nie glo hoe daai manne uithaak nie. En nie net manne nie, die jong dames het net so uitgehaak. Ons jaag daar met Willie Dreyer se Landie op die strand, jaag die manne se vislyne af, trek doughnuts, breek die plek af. Hentiesbaai kry swaar onder die las van die jeug. Jong manne braak hulle longe uit, hulle is mos darem nie gewoond aan die gesuipery nie.
Ons ouens wat Army toe gaan, doen alles maar so met die ding in die agterkop. Jy weet nie of jy die plek weer gaan sien nie. Dalk voel jy ‘n AK47 se lood deur jou lyf. Die ander pelle gaan Varsity toe, hulle worry oor niks, en suip asof hulle lang lewens het wat voorlê. Die res van ons wonder hoeveel tyd ons nog oor het.
Daai datum kom al hoe nader. 11 Januarie 1988.
Ons hou Krismis met die familie by die huis, en Nuwejaar. Oupa, my nefie-hulle - omtrent die laaste keer wat ek kan onthou wat die hele familie so saam was. Sien, my ma en my tannie het so bietjie stry opgetel eendag, en van daar af het die familie net so nou en dan verjaarsdae saamgekom, maar nooit vir Krismis of Nuwejaar nie. My oupa is oorlede toe ek op Stellenbosch was. Hy was in baie opsigte eintlik ‘n pa vir my, en ek het emmers vol gehuil die dag toe hy weg is. Maar dis ‘n ander storie daai.
Daai aand van 10 Januarie 1988 gaan slaap ek vir oulaas daar in my bed by my ma se huis. Ek sukkel om te slaap, wonder wat het ek vergeet - wat moes ek ingepak het, het ek genoeg strykwerk ge-oefen voor die tyd? Een ding weet ek – more begin ‘n nuwe deel van my lewe, en ek sal nooit weer dieselfde wees nie. Ek het nie besef dat die hele wereld ook binnekort gaan verander nie.
Ons daag daar op by Suiderhof basis, en ek soek gou my pelle uit. Ons bondel so saam met ons siwwie tasse. Dis glad nie so erg nie – niemand skreeu op ons nie en die Groot Kokkedoor - dit was nou een of ander Generaal of Admiraal of Kopporaal of iets - hy lees uit die Bybel en hy sê ons is die room van die land, en ons het ‘n blink toekoms wat voorlê. En ons ouers moenie worry nie, die Army is nie meer soos in die ou dae nie, die seuntjies gaan nie seerkry nie. Ons voel almal baie happy en patrioties en hulle druk ons daar in busse in. Waai vir ma en pa en daar gaat ons.
Daai bus trek daar weg – geen troep of sammajoor of ding in sig nie. Net 'n army drywer wat daai bus looi. Dis heel oraait in die Army lyk dit my. Ouens jool daar op die bus, vreet chips en mors lekker. Daar agter in die bus sit ‘n paar baster outjies- hulle gooi so paar coke blikkies en goed daar op die bus se vloer neer.
(Voordat jy my van rassisme, fassisme, feminsime of kommunisme aankla by die stadsraad, laat ek net eers mooi verduidelik: As ek praat van 'n baster, dan bedoel ek 'n Rehoboth baster; dis hoe hierdie spesifieke groep mense genoem word in my land, en dis wat hulle hulleself noem. Loer dit daar in wickedpedia as jy moet.)
Een van die dinge wat anders was in die SWA Gebiedsmag, was dat daar nie apartheid was nie. Ons het saam met die basters en mense van ander rasse ingeklaar. Ons het saam in dieselfde bus gery, dieselfde storte en toilette gebruik, dieselfde lekker ou Army kos geëet, en dieselfde waterbottels partykeer met mekaar gedeel as dit nodig was. Dit was nie die wit army van die States nie. Ons het saam opleiding gekry, en saam geveg teen dieselfde vyand.
Die bus het ingetrek daar by Luiperdsvallei, net so 'n entjie Suid van Windhoek. Ons het rustig begin om ons siwwietasse te soek en die bus te ontruim. Dis moeilik om die volgende scene akkuraat te beskryf. Dis soos daai scenes in die oorlog-flieks, as die ouens daar by Normandy beach land. Alles is eers so stil, en skielik gaan daai klap oop en dis skielik een wille ding wat rondom jou aangaan. Of daai Vietnam scenes – spring uit die chopper, land, alles stil – en dan skielik begin die vierde wêreldoorlog hier rondom jou. Dit was amper soos daai. Net erger.
Ek het begin agterkom buite die bus is daar iets anders aan die gang as hier binne. Soos jy nader aan die bus se deur gekom het, het jy so gedruis in die agtergrond gehoor. Ek kom toe by daai trappie aan, om af te klim. Daar het ‘n staf-sersant gestaan, hy het jou uitgevreet nog voor jy grondvat. “Daar gaat jy! Soontoe”, en hy wys daar in een of ander rigting. Ek gryp daai tassie en hol. Ons moet almal aantree. Ons weet van aantree, het mos van standerd 5 af aangetree en gedril. Ek was mos darem in die Prestige peleton op my dae.
Daai staf kom toe daar aan met so groot vieslike snor. Daar was blykbaar ‘n reël in die Army – ‘n staf moet ‘n snor hê wat lyk soos ‘n koeksister. Nie soos Hitler sin nie, maar so lange wat jy kan twist dat hy sulke punte maak. Na so lekker skaapribbetjie dan streel jy hom so bietjie met die vet dat hy stywer kan staan.
Daai man gil daar obscenities wat ek in my lewe nog nie gehoor het nie. Ek dog eers iemand preek of bid, want die Here feature groot in die gesprek. Jislaaik, so het my ma my nie grootgemaak nie. Hy praat baie van god en van Jesus, maar nie op dieselfde manier as wat die dominee en die skoolhoof praat nie. Moeder Maria word ook sommer iewers met 'n hoerhuis in die storie ingeweef.

Ek dog ons fight teen die Antichris, en hier staan die Vuilgoed toe eintlik reg voor ons en gil op my met ‘n staf se rang op sy arm. "Hoe is dit moontlik?", wonder ek heeltyd. Dis wraggies die Duiwel homself wat gemanifesteer het hier voor my. "Waar’s my geweer, dan skiet ek hom sommer nou vrek?"
Daai man was upset, hoor. Ek het geluister so tussen die obscenities deur, en vind toe uit waaroor hy so kwaai was. Hy was so kwaai, mens sou dink hy kom van Kwaaizoeloe Natal af?

Dis daai bus, man. Eers het die ander ervare troepe (dis nou hierdie bangbroek onderkorporaals en oumanne wat gedink het hulle is rangdraende diere) ons vertel ons is sussies want ons kom met busse hier aan. Asof dit nou my skuld was, ek wou in die eerste plek nie hier wees nie.
Maar hierdie snorsersant is befoeterd oor daai bus, man. Iemand het blykbaar vreeslik gemors in die bus. Daar lê blikkies en gemors die hele bus vol, wie de hel dink ons is ons? Iemand brom hier onderlangs iets oor ‘n "blerrie baster" of ‘n ding. Daai oom het nie daarvan gehou dat iemand anders praat terwyl hy nog aan die woord is nie. "Wie was dit?" Die skuldige man is natuurlik nou tjoepstil. Snorsersantmajoorgeneraal jaag vir ons met siwwietasse en al dat die stof so staan.
Ons kom agter die storie gaan nie lekker wees nie. Gelukkig kom een of ander Grootkokkedoor daar aan en jaag die stafsersant om die hoek. Hy mag nie so met ons werk nie, ons is nog nie deur die mediese toetse nie, en sê nou hier val ‘n moffie om oor sy hart swak is of iets?
Daai staf is nou eers kwaad hoor. Hy wag daar by die saal se deur soos ons ingaan, dan sê hy: “Boeta, as jy G1K1 is dan k@& jy vandag. Ek wag vir jou. Net hier wag ek vir jou”. Ons is groot-ogig daar by daai saal in. Hopelik is nie een van ons G1K1 nie, wat dit ook al mag beteken...

Dit gaan egter net van bad to worse.
Jy moet uittrek tot jy net in jou onderbroek daar staan. Een van my beste pelle het so mooi suster gehad wat ouer as hy was. Sy het altyd so lekker met my gesels as ek daar by hulle huis kuier. Sy het intussen bietjie George toe gegaan en rang gekry, en sy is nou ‘n Army doedie. En raai waar sal sy wees die dag wat ek inklaar? In daai selfde saal op Luiperdsvallei waar ek in my onderbroek staan soos ‘n krygsgevangene. Ek is so embarrassed ek weet nie watter kant toe nie.
Ons sukkel daar deur, hulle voel die grootte van jou knaters, kyk in jou keel af, toets jou oë, meet jou lengte, weeg jou, alles. Die tandarts druk sy tools daar in my keel in, en verklaar dat ek een van die beter stelle tanne het wat hy vandag nog gesien het. Dankie tog. Dit was my laaste besoek aan ‘n tandarts – glo dit of nie. Ek is bang vir daai manne. Van die ander ouens is daar sommer vinnig deurgewerk as hulle gate of goed in die tanne gehad het.
Hulle toets alles, vra jou uit oor jou donker verlede, hoekom haat jy jou ma, ken jy die Volkslied uit jou kop uit. Daar iewers in die proses staan ek in die ry, en daar kry ek weer daai familiar “Haai shame, maatjie, weet jou ma jy is hier?” Ek draai om en ek sê vir daai ou “man, voertsek”. Toe ek mooi kyk, sien ek, o hel die ou het iets op sy skouers, 'n diamant of ‘n ding. Hy begin praat met my asof ons saam in die laerskool was, lekker pelle, en ek sê net: “ja, luitenant, nee luitenant, die hele tyd. Later sê een ou vir my: “daai ou is eintlik ‘n kaptein, jy weet”.
Ek begin wonder of ek die regte ding gedoen het met hierdie inklaar storie. Die dag begin nie goed nie, en daar is twee jaar minus een dag oor. Maar toemaar, ek probeer so swak en pateties lyk tydens hierdie mediese ondersoek, miskien klasifiseer hulle my as G5K5 en dan is ek vir ewig op light duty.
Daai ander deur waar jy uitgaan kom al hoe nader. Daai staf met die vuil snor wag daar buite, dan vra hy: “G1K1?” As jy sê “ja”, dan jaag en vloek hy vir jou dat die rook trek. Daai deur kom al nader, maar ek het nog die hoop in my hart dat ek sommer vandag uitgeklaar word, want ek is te swak en pieperig vir hierdie Army.
Ek kom by daai dokter, hy sê “G1K1”, en daar staan ek met my siwwietas en my papiere. Nous dit my beurt.
Die staf jaag my daar na ‘n ander saal toe. Dis waar ons kit is. Jy kom daar aan, dan kry jy boots wat te groot is, beret wat te groot is, boshoed wat te groot is, army overalls wat te groot is, en ‘n army onderbroek wat te klein is. Jy moet sommer nou al daai overall aantrek. En die boots. Daarna kry jy so lekker fris trommel met ‘n klomp gemors in. Een van die goed noem hulle ‘n varkpan – so plat stuk staal wat lyk asof hy so paar duike in het. Ek het ewe gewonder of dit ‘n nuwe wapen is wat die terrs nog nie van weet nie.
Hulle gooi ons weer daar op ‘n bus, hierdie keer gaan hy Noord. Ek wonder of ons nou sommer reguit grens toe gaan of wat. Ons ry en ry en ry tot amper in Okahandja, en daar draai ons regs by Auschwitz in. Ek sien so groot geel bord: “1 SWA Militêre Skool”. Ek wonder waar is nommer twee en drie. Kom baie vinnig agter dit maak nie saak nie.
Ons land daar – dit reën soos wat jy nie kan dink dit sal reën in hierdie dorre land nie. Dit reën katte en honde net waar jy kyk. Dis ‘n malhuis. Daar is orals kopperaals en luitenante wat op almal skree. Kyk, ek het ook flieks gekyk, en ek weet daar moet iemand op jou skree in die Army. Maar ek het nie geweet hulle almal skreeu gelyktydig op jou nie. Een sê links, die ander sê regs, nog een sê as jy roer dan is jy dood.
Ek word op een of ander manier in ‘n peleton ingedeel. Peleton 1 Alpha Kompanie. Ons kry ‘n bungalow om in te bly. Daars ‘n klomp ander ouens wat in die tentdorp moet gaan bly, daar is nie genoeg kamers by al die bungalows nie. Die hotel is vol.
Dit reën so hard jy kan nie hoor wat skreeu daai korporaal op jou nie.
Klomp ouens daar by die tentdorp, hulle is nat, vuil, vol modder, moeg, koud - die tente is ‘n goor plek man. Dis al donker en hulle weet nie wat aangaan om hulle nie. Daar kom ‘n man aan met ‘n onderbroek en ‘n army frokkie aan, en sy web-belt so om die lyf. Hy begin gil op daai manne, hulle vind sommer gou uit wat ‘n bosbus is.
Hy laat hulle met daai trommels buite in die reën hardloop, hulle “leopard crawl” deur die modderpoele, hulle makeer die pas en hol dat die biesies bewe. Twee, drie ure lank jag daai man hulle rond. Hy los hulle later, sê hulle beter gaan slaap en daai tent moet blink more oggend. Almal onthou sy gesig, daai vuilgoed vergeet jy nie vinnig nie.
Die volgende oggend tree almal aan. Hulle sien toe maar hier is dan ‘n bekende gesig wat hier saam met hulle aantree. Dis mos die knaap wat hulle so rondgeneuk het gisteraand? Hy was toe al die tyd wraggies ook ‘n rower wat op 11 Januarie 1988 ingeklaar het. Hy is later goed opgeneuk oor die storie. Ons het mos so gesegde gehad: "sort jou maatjies uit".
So eindig my eerste dag in die army. Ek is lekker moeg.
More oggend is inspeksie tyd.

Lees verder
1 comment:
Hierdie inklaar klink soos my inklaar, net vier jaar ge-fast forward. Ek was in '82 in WHS en '83 cruise ek via Eros-lughawe, Luipaardsvallei toe en toe na Oshosna. Daai eerste dag op Luipaards was NAG. Ons hare is ge-oes, ons het jare se vorms ingevul, ons is verskree en die dik-nurse anties het ons bolle vasgegryp en gesê "hoes seunie, ek't meer van daai tottertjies deur my lyf as wat jy al ryskorrels geëet het." Ons is gejaag, ge-push-up, ge-alles, kilometers gehol om hierdie boompie en daardie bossie. Daar was so moffie Owambo met kruisbande en 'n rooi Couke T-hemp wat swaai-heupies saamgedraf weaneer ons hol het en altyd gemaak het dat ons nie die 1km jaagsessies onder die 60sekonde tydlimiet kon klaarkry nie; keer op keer. Die laaste keer is hy vet opgefoeter saamgedra onder die limiet. Gelukkig was ek net 1 week op Oshona toe's dit Bats, later Oudsthoorn en toe Swaspes toe. Moet nog my stories vir die kinders opskryf. Ai Skarumba, lekker tye.
Post a Comment