Hier Doer Onder is daar lekka dinge hoor. As jy eers 'n Permanente inwoner geword het, kan jy lekker bakhand staan sodat die goewerment jou kan help.
Ek is mos die broodwinner in ons familie - my vrou werk vreeslik hard om die huis aan die kant te hou en die klere te was. Hier is nie meme-goed om te help nie.
Maar die goewerment help graag.
As jou gesamentlike inkomste onder $150000 per jaar is, en jy 'n swetterjoel kinders het wat jy moet grootmaak - soos ons - dan help die regering jou so bietjie.
Ek het mos nou uiteindelik my Permanent Residence (PR) status verwerf, en nou kan ek bakhand staan vir al die royalties.
Ons is nou op Medicare, en vandag het ek gaan inteken vir die Family Assistance affêre.
Ek voel skoon skaam toe ek daar instap. Sê nou die mense dink ons is armgatte - ons klim dan nou op die welsyn? Ek het na die Medicare plek toe gegaan daar in Karrinyup. Daar is een venstertjie wat Family Assistance hanteer, en so klomp ander wat Medicare hanteer. Die tannie by Family affairs is nie daar nie. Daar is so briefie wat sê as sy nie daar is nie, moet jy geduldig sit en wag tot sy kom. Maar dit kan 'n tydjie vat.
Wraggies, dit vat toe nogal 'n tydjie en 'n half - dit voel asof ek weer in Afrika is. Hierdie plek, Wes Australia, se afkorting is mos WA - die mense sê dit staan vir "wait-a-while".
Toe die tannie uiteindelik opdaag, is sy darem heel bevoeg en nie heeltemal so "ehhh" soos wat ek daar in Windhoek gewoond geraak het nie. Jy wag lank, maar daar daag ten minste later iemand op wat haar werk kan doen. Na duisende vorms en dinge is ek nou geregistreer vir Family Assistance. Tot die dag wat my jongste kind groot is kan ek die goewerment melk vir 'n paar dollars wat elke fortnight in my rekening inbetaal word.
Kan jy glo.
Dis 'n lekka lewe hier in die Eerste Wêreld.
No comments:
Post a Comment