Thursday, August 26, 2010

‘n Hangende parlement

Ons het vreeslike erections gehad hier doer Onner, en nou het die mense so verwoedelik gestem dat gin hond weet wie’t gewen nie. 

Mense, dis darem so anders as dit wat ek gewoond is.  Daar in Nambobbejania weet ons hoeka lank voor die tyd wie gaan wen – al wat ons nie weet nie, is die persentasie meerderheid wat die comrades hierdie keer gaan he.  Viva! Hierdie eerste-wêreld landjies weet nie hoe om met die stembokse te kroek nie.

Die twee hoofpartye hier het nou altwee ewe min stemme gekry, en nou sit daar ‘n klomp manne wat hulself die independents noem.  Hulle behoort aan geen party nie – hulle is seker die eerlikste van al die politici, maar aan die ander kant seker die moeilikste klomp blikskottels wat jy kan kry. Die klomp gaan nou bepaal wie die land gaan regeer. Gaan dit nou die rooikop merrie wees, of mister Rabbit? Net hulle weet. 14 Miljoen mense het gestem, en op die ou end sit 4 of 5 manne met al die stemme in hulle jeukerige hande.

Dis amper erger as reality TV. Op Survivor, of Big bratha, of Biggest Looser kan jou pelle jou mos sommer van die eiland af stem as jy nie genoeg by almal gatgekruip het nie. Hierdie paar manne kan nou sommer die hele parlement aanmekaar slaan. Hulle is ewe skielik baie gewild.

Hulle kry daagliks duisende oproepe, emails, en sekerlik ‘n paar Wilson toffies en ‘n ou stokkie-lekkertjie onder die tafel deur. Dis nou die manne se week of fame. Die dag as hulle die besluit gemaak het is hulle weer ou nuus, en die Rooigevaar antie of Oom Rabbit vat die leisels en beur vorentoe.

Mense, hierdie democracy affêre is ‘n ding om te aanskou.

Intussen het ‘n onderwyser op Kalgoorlie besluit om die kinders te leer hoe om soos terroriste te dink sodat hulle beter kan voorbereid wees vir die dag wat Achmed met sy AK hier opdaag op hulle voorstoep. Die mense is nou so ontsteld hieroor dat dit sommer voorbladnuus was hier in Double-you-Eigh (WA).

Kan jy glo. As hulle geweet het hoe dit voel om regtig deur terroriste aangeval te word op ‘n daaglikse basis, het hulle dalk nie so tekere gegaan as iemand hulle kinders voorberei om ‘n stap verder te kan dink as Achmed Abdullah nie.

Dis die nuus vir nou. Vreeslike aksie hier Doer Onner. Al ander groot nuus op die draadloos vandag was dat Channel ten nou nog ‘n digitale channel gaan begin met die naam Channel 11, en die gaan al die programme wys wat jy op ander kanale ook kan kyk, net op ander tye. Whoopie. Nogal oorspronklike naam ook ne?

So nou en dan hoor ek iets van Pakistanis wat wegspoel, maar dit klink nie vir my so erg soos die storie van die blinde antie wie se hond nie mag restaurant toe gaan nie.

As ek weer iets hoor laat weet ek julle.

No comments: