Saturday, August 28, 2010

My Malawi trip (1993) - Deel 2

[Kliek hier om by die begin van die storie uit te kom]

Ek het die vorige aand amper my simpel tent afgebrand. Dis so klein eenman tentjie, en ek was slim genoeg om ‘n kers in die tent aan te steek. Toe ek weer so om my kyk, sien ek net hoe smelt so swart gat in daai plastiek tent se dak. Na ek al die vlamme geblus het, vind ek uit my fancy dik baadjie het ook nou ‘n gat in. Nou lyk ek soos ‘n boemelaar met die baadjie met die gat in.

No worries - ons is in Afrika, en hier maak ons soos Afrikane.


Ons het deur ge-hike lughawe toe. Daar gekom, het ons gewag vir ons vlug, en soos wafferse toeriste lekker gevlieg met Air Zimbabwe. Economy class. (Nie dat daar enige ander classes was nie.)



Ek weet nie of ou Bob my sal arresteer oor die foto van sy fancy lughawe nie. Ek kon dit net nie weerstaan nie:


Hier is so rofweg die roete wat ons gevat het:


In Lilongwe het ons vinnig die hike-storie begin beoefen, en uitgevind dis nie te moeilik om ‘n lift te kry nie. Jy moet net hike soos die locals - met so pap hand in die wind, nie met jou duim in die lug nie.

Dit was nie lank nie, en ons was op ‘n trok saam met 20 ander mense, hoenders, bokke, honde en kinders. Ons het die pad gery na Salima.

Die foto is ongelukkig bietjie dof - die ding het te veel geskud om 'n stil foto te neem...



Daar gekom, het ons in die donker probeer om ‘n plek te soek waar ons kon kampeer. Ons kom toe agter die kampplek kos ‘n paar Rand, maar as ons net so kilometer verder met die strand aanstap, dan kan ons net daar verniet gaan kamp - no worries.




Daai tyd was dit nog nie nodig vir my om my maag in te trek vir 'n foto nie



Die locals in die omgewing bring vir ons lekker goedkoop vis, maak dit sommer skoon ook. Ons slaap so op die strand, reg langs die Malawi meer.

Die meer is een van die dinge in Afrika wat jy moet sien. Hierdie mense wat so praat oor “Afrika in hulle bloed”, maar wat nog nie Vic Falls of die Malawi meer gesien het nie, weet nie waarvan hulle praat nie. Kruip uit daai kokon in Suid Afrika, sprei jou vlerke bietjie, en gaan kyk na die goed in Afrika wat regtig iets is om na te verlang.

Nie alle goeie dinge in Afrika is in die RSA nie. Nie naastenby nie. Ek gee nie om wat Karika sing nie. Daar is ongelooflike plekke in ander dele van Afrika om te sien.

Die Malawi meer lyk soos die see. Daar is branders, maar die water is vars. Ons het water sommer so uit die meer geskep, gekook, en gedrink. Al wat jy voor moet oppas, is die seekoeie. Op daardie tyd, toe ons daar was, was die statistieke van mening dat meer mense in Malawi doodgemaak word deur seekoeie, as enige ander oorsaak van dood. ‘n Seekoei is niemand se speelmaat nie.




Dis ‘n lekker lewe. Ons stap oor na Salima se kroeg toe, en kuier met ‘n klomp Aussies. Daar was daai tyd baie Aussies wat “overland” toere deur Afrika gedoen het. Hulle was gewoonlik gerook - net wanneer hulle nie gesuip was nie. Almal was sulke jong latte wat net skool klaargemaak het. Nie een van ons was vreeslike drinkers nie - ons kon in elk geval nie drank bekostig nie. Ons het dit net geniet om met die perde te kuier.



“Ignorance is bliss”, seg hulle mos, want hierdie jong Aussies het meer “guts” gehad as meeste jong Suid Afrikaanse mans van daai ouderdom. (Soos Tolla, byvoorbeeld)...

Hulle was nie bang vir Afrika se mense nie, want hulle ken nie daardie element van Afrika soos ons hom ken nie. Hulle het met daai Overland trokke na enige plek in Afrika gegaan sonder om twee keer te dink. Zaire, Zambia, Kenia, Uganda...

Hulle het agter daai Malawian gold aangehol soos mal hoenders. Dis nou wat hulle dagga daar noem - Malawian gold. Die goed was oral te vinde. Die klomp was soos ‘n klomp hippies by Woodstock.

Ons het gereeld jong dames ontmoet wat sommer so twee-twee alleen deur Afrika toer. Mens kon ook geen sense in hulle koppe in praat nie. Hulle het eenvoudig geglo niemand in hierdie vriendelike plekkie sal hulle ooit skade aandoen nie.

Ek het ‘n duitser ontmoet wat op ‘n fiets al die pad van Duitsland af gery het. Hy was oppad na Zimbabwe en Suid Afrika toe. Hy het vir ‘n duitse koerant gewerk. Elke week stuur hy ‘n klomp fotos deur, en hulle betaal sy trippie. Hy het toe al iets soos 8 maande lank getoer, meer as sewentig rolle film geneem, (daar was nog nie digitale kameras nie), en hy het gelyk soos Tom Hanks in daai move gelyk het waar hy op die eiland gesit het en met die sokkerbal gepraat het - helse baard, lekker vuil, en mal soos ‘n haas.

Hy het my vertel dat sy ergste tye in die Noorde van Afrika was. Daar waar die vriendelike Mohammedane bly. Hulle gooi jou sommer met klippe as hulle jou sien. Geen vriendelike gesig in daai hele area nie. Klink na ‘n godsdiens wat mens graag sal wil volg ne? No smiles, no mercy...

Van hier af het ons besluit om na Monkey Bay toe te gaan. Dit was weer tyd om die rugsakke te pak, en die bus of die trokke te beklim. Daar was ‘n bushalte, waar ons saam met ‘n klomp dronk Aussies gesit en wag het vir die bus. Hulle was lekker hanged-over, en ons het ons plekke op die bus beset lank voor hulle wakker genoeg was om te besef wat aangaan. Dom uitlanders!

Hier is 'n pragtige restaurant langs die pad - loer gerus in as jy eendag hier verbykom

Hier sit ons en wag saam met die Aussies


Hier op die bus was daar weer baie pret. En dis nog iets wat jy moet beleef voor jy my vertel "Afrika klop in jou are" - ry ‘n regte Afrika-bus, saam met Afrika se mense. Dan kan jy vir my kom vertel hoe Afrika se bloed in jou are loop.

Die Afrika-kultuur hou nie van spasie nie - hoe nader mense aan mekaar is, hoe gelukkiger voel hulle. Hulle wil ons ook laat tuis voel, en druk lekker snoesig hier teen ons vas. Die wat nie stink nie, ruik na sunlight seep.





Op hierdie bus het die man langs my klomp politiek gesels. Banda was daardie tyd nog in beheer, en daar was ‘n algemene verkiesing op pad. Volgens hom was Banda die duiwel homself, en hulle wou hom uitstem.

Ek het nie na die tyd regtig gevolg wat in Malawi se politiek gebeur het nie, maar ek weet een ding: in Banda se tyd was daar bitter min misdaad in Malawi. Hulle het diewe se hande afgekap en erger dinge met verkragters gedoen. Jy kon jou tas op die straat neersit, en iemand sou hom wegdra nie. Dit was een van daai Afrika-lande waar hulle ook nie geweet het hulle moet kwaad wees vir die witman nie.

Hierdie foto is ‘n bewys van my donker kant - ek het vir die kinders geld gegooi. Party van hulle kon niks engels praat nie, maar almal het hierdie woorde geken: "gimme money!" Hulle was baie bly toe ek die geld so oor hulle strooi, maar het eers later besef dat ek vir hulle Zimdollars gegooi het, wat niks beteken in Malawi nie. Heheh, dis lekker stout ne?


Lees later verder oor Monkey bay en die Zomba plato - van my mooiste fotos kom van daar af.

No comments: