Thursday, August 19, 2010

Die mal Sjineus

Ek skinder nou eers bietjie agter iemand se rug.

Ek hoop maar die perd kom nie eendag agter van Google se translator-affêre nie, maar ek skryf nou maar hier in die Kombuistaal sodat hy nie weet nie. En ek sal sy naam weerhou - "to protect the innocent".

Die snaakse mannetjie werk saam met my. Hy is van Singapoer af, so kort dikkerige figuurtjie met 'n ronde gevreet wat lyk soos Jackie Chan sin - net leliker.

Meeste van die tyd as ek by sy lessenaar verbystap, sit en slaap die bliksem. Hy kan nie sy oë oophou vir langer as 'n halfuur nie. Hy val aan die slaap in die middel van vergaderings, en een van sy tricks is om elke nou en dan "uuhh" te sê, sodat dit lyk asof hy luister en saamstem met wie ook al aan die praat is.

Hy het 'n diploma by een of ander polytechnic in Singapore gekry, maar lyk nie asof hy veel weet nie. Ander ouens op sy vlak kan alleen aangaan met 'n projek en die ding afhandel, maar hy het gereeld iemand nodig om sy hand vas te hou. In die tussentyd het hy besluit dat hy gaan verder swot - hy gaan nou ewe 'n ingenieur word. Hy studeer nou deeltyds by Curtin university. Ek sal later nog daaroor uitbrei.

Ek kom heel gemaklik met hom oor die weg. Ek meen, ek moes met skurwe en uiters useless karakters werk daar in Nambobbejania. Moeilike Rehoboth basters, beterweterige wambos en hardegat Hereros, om van die Duitsers en Boermense nie eens te praat nie. Ek kan met enige iemand van enige ras werk - ek is deur al die toetse.

Op kantoor is dit maklik. Jy staan maar 'n paar minute af en mors daardie tyd om hom te entertain, en dan gaan jy aan met jou werk. Maar maggies, om die hele dag saam met die man in 'n kar opgesluit te sit is 'n ander storie.

Die perd se asem ruik vreeslik man. Hy is 'n toegewyde Boeddhis, en sit en lees gereeld sy boeddha goeters in chinees op sy rekenaar in werkstyd. Omdat hy 'n voorgestel-en-aangeneemde boeddhis is, is hy 'n vegetariër ook. Hy wil weet hoekom ek onskuldige skapies en besies opvreet, en dan vertel ek hom van hoe ons voorvaders moes oorleef toe daar nog nie yskaste en organic farms was nie. Survival of the fittest, boet. Jy eet hom of hy eet jou. Sekere diere is laer af in die food chain, dis hoe die lewe werk man. Hy verstaan nie die ding nie. Hy wil in harmonie lewe met die natuur en sy karma mooi uitwerk of so iets. As ek sy agterent wil krap, dan vertel ek vir hom jagstories. As dit nie genoeg werk nie, dan vertel ek oorlog stories. Hy kry gereeld sulke konvulsies as hy na my stories luister.

Anyway, karma of te nie, whatever hy eet maak dat sy asem vrot. Of hy borsel nie sy tande nie. Die snaakse ding is, as hy kos bestel, dan sê hy spesifiek hy wil nie knoffel of uie he nie. Wat is dit dan wat sy asem so laat stink, wonder ekke nou?

Die man bring elke dag 'n groot bak kos werk toe. Hy maak die goed in die microwave warm - dis een of ander vegetariese brousel, maar dit ruik nog slegter as sy asem. Die mense is nie lekker nie man. Selfs die Aussies trek hulle neuse op as hulle by daai microwave verbystap. Al hierdie Asiese mense het sulke aaklige brousels wat hulle werk toe bring. Ten minste weet ek syne is nie hond of kat nie, want hy is dan nou ewe 'n veggie.

Hy vra my gereeld oor die leeus in Afrika, en of ek al 'n leeu ge-eet het. Dom bliksem. Ek het al vreeslike stories aan hom vertel, so erg dat selfs die Aussies daar rondom ons rol van die lag want hulle weet ek praat nonsens.

Party mense se wêreld is regtig klein. En as jy grootgeword het op 'n eiland waar almal in 'n voëlhokkie bly iewers hoog in die lug, dan weet jy blykbaar nie veel van die lewe af nie.

In elk geval, hier gaat ons twee in die kar, al die pad na 'n site toe. Ek draai daai aircon vroeg-oggend al hoog op, want ek probeer sy asem wegblaas. Hy hou van gesels, en as hy praat dan draai hy sy asem hier in my rigting - sies man.

Vanoggend ry ons weer, maar ek moet eers sit en wag want hy laai goed van die internet af en wag vir die printer. Ek is klaar boos want ek wou lankal gery het. Hy kom daar aan met 'n assignment vir sy engineer-graad. Hy moet 'n robot programmeer met JAVA en hy het nie 'n clue nie. "Ahh never yous jawa befoh hau eye do it now? Hau?" So gaat hy aan. Ek sê vir hom jy kan nie 'n ingenieur word as jy nie jouself nou en dan kan help nie. Hy verstaan nie.

Ek wens die pad wil korter raak, maar ons is oppad na Harvey, dis bitter ver. Man, ek is nie lus vir dit nie.

Hy vra my hoekom bly mense hier nie liewer in woonstelblokke soos in Singapore nie. Dis dan baie meer efficient en spaar spasie en so aan. Hy verstaan nie so lekker van lifestyle en sulke dinge nie. Hy wil weet hoekom ek nie eerder Europa toe getrek het nie. Mense, ek moet heeldag vir hom sulke twak sit en verduidelik. Ek soek oop spasies en ordentlike weer; nie freakin hokkies op 'n hoop nie - hoe moeilik is dit nou?

Ek dog ek is dalk 'n sleg rassis, maar jy moet sien hoe hanteer hierdie Aussies die perd. Hulle is vreeslik vriendelik, maar wag tot hy by die deur uitstap, dan hoor jy 'n ander storie. Ons neem fotos op al die sites. Die een ou vra ewe vir my of die China nie dalk 'n terroris is wat fotos neem sodat hy later bomme kan plant nie? Almal op kantoor weier om saam met hom te werk - maar niemand sal dit reguit voor hom sê nie.

Ek het nou die dag fotos van sy huis gesien wat hy op die werk se kamera afgelaai het. Dis net wierook en mirre waar jy kyk. Dit lyk soos 'n hippie colony of iets. Boeddha beeldjies die hele plek vol, en rook wat trek. Nee man, die goed is nie vir my nie.

Hy sit en slaap natuurlik heel pad terwyl ek terug bestuur - hy kan nie sy kop regop hou vir langer as twee minute nie - selfs nie as ek aspris van die pad af neuk nie.

Hy het so snaakse gewoonte om vrae te vra, maar glad nie na jou antwoorde te luister nie. Jy begin wegtrek met 'n antwoord, maar nog voor jy naby dit kom, val hy jou in die rede met iets wat heel irrelevant is. Mense, dit maak my beneuk. Sy "attention span" is korter as 'n blerrie slak sin.

Die experts is reg - mens leer baie as jy multikulturele ervarings het. Party keer wonder mens net of jy regtig nog iets wil leer.

Anyway, vanaand borsel ek weer my tande baie hard - ek doen dit altyd as ek ander mense se asems ruik. Netnou ruik ek so vir ander mense?

No comments: