Tuesday, August 17, 2010

Blinde mense se honne, en ander lawwe stories

Ek woon nou al ampertjies twee jaar lank al hier Doer Onner. Partykeer hang my bek nog steeds oop oor die snaaksighede wat ek sien.

Mens sou dink jy sal die goed gewoond raak, maar elke nou en dan tref dit my nog steeds dat ek eintlik 'n alien van 'n ander wêreld af is, en dat ek nie van hier is nie.

Gister het ek vir Elvis gesien. Op die Freeway, oppad werk toe, hier hang Elvis oor die loopbrug en waai vir my. Kan jy glo.

En vanaand kyk ek die nuus. Hier is mos nou vreeslike erections aan die gang, en dit lyk meer na Australian Idols as na 'n national erection. So nou en dan is daar nuus wat nie oor die verkiesing gaan nie. Baie min, maar dit gebeur tog partymaal. Soos vanaand.

Hier is mos 'n hele paar free TV channels, en meeste van hulle het deesdae 'n HD kanaal ook. Australia is besig om oor te skakel na digitale televisie, en gaan een of ander tyd die ou analoog seine almal afsit. Hier in Perth is reeds hordes SD channels, wat gewone digitale kanale is, en dan is daar ten minste 4 HD kanale - almal verniet. Net jammer hulle wys helfte van die tyd programme wat in elk geval in SD opgeneem is en geensins beter kwaliteit kan wees net omdat dit op HD uitgesaai word nie...

Op die sesuur nuus vanaand was daar 'n hele 15 minute lank se gekerm op ABC se HD channel - die nuwe 24 hour news service. Waaroor is die gekerm? Oor 'n blerrie blinde antie wie se hond nie in restaurante toegelaat word nie! Waar het jy al van so iets gehoor? Ek bedoel, dis seker nou nie mooi dat hulle vir haar sê om die hond buite te los nie, maar is dit NUUSWAARDIG vra ek jou? Intussen is Noord Korea besig om atoombomme te bou, Pakistan spoel weg, en ou Brak Obama dink dis 'n goeie idee om 'n 100 miljoen dollar moskee regs langs Ground Zero te bou - maar nee, ons praat oor blerrie "guide dogs" wat nie in restaurante toegelaat word nie.

En toe kom die volgende GROOOOT nuus bulletin. Ben Cousins het besluit om op te hou footy speel. "Ben Cousins?", vra jy seker nou? Wie is Ben Cousins?

Presies.

Hy is net 'n blerrie daggaroker wat Aussie rules football speel en te veel steroids gebruik het tot hy eendag uitgevang is. Na jare se drug counselling en rehabilitasie het hy vir oulaas weer probeer om AFL te speel, maar het swak gevaar en nou bedank hy ewe, na 'n "lang suksesvolle loopbaan".

Daarmee saam probeer die antie met die rooi kop (dis nou ons edele Prime Minister) elke dag vir almal vertel hoe baie sy van footy af weet. Elke keer as 'n vraag in haar rigting kom wat sy nie kan antwoord nie, dan verander sy die topic na die "western Bulldogs", asof dit ewe skielik almal se votes gaan trek. En tien teen een sal dit - dis die ergste van alles.

Sy en Tony Abbott, na wie sy gereeld verwys as "Mister Rabbit", in plaas van "Mister Abbott", debatteer nou al vir twee weke lank in die media oor of hulle 'n debat moet hou of nie. Die vorige debat tussen die twee was so vaal dat die mense eerder Master Chef wou kyk. (En wraggies - hoe verveeld moet jy wees om Master Chef te wil kyk?)

Ek dink die land kort 'n paar Malemas en Mugabes sodat ons net iets kan kry om op die nuus te sit. Dinge raak nou te vaal vir my - ek sien ook al die seemeeue wat onderstebo vlieg uit verveeldheid.

No comments: