Ek en my Aussie kollega het bietjie rondgery om te gaan werk. Hierdie keer het ek ‘n nuwe roete ingeslaan na ‘n area van Wes Australia waar ek nog nie voorheen was nie. Hulle noem dit die Midwest – die area wat so half Noord van Perth le, na die binneland se kant toe – Outback wêreld.
Ons het vroeg oggend uit Perth uit op die Great Northern highway geklim. (Moenie dat die word “Great” jou deurmekaarmaak nie. Al wat dit beteken is dat die pad blou-ver is. Dele van die “great highway” is ‘n baie small twee-rigting teerpad met geen padskouers nie. Dit lyk nes die “Great Trans-kalahari highway” oppad Swakop toe, om dit nou mooi te verduidelik. Dieselfde geld hier in WA vir die “Great” southern highway en die “Great” Eastern highway.)
Nog ‘n interessante ding waarvan ek nog nie voorheen vertel het nie is hierdie ding wat hulle noem ‘n “road train”. Nee, dis nie ‘n trein wat oor die pad loop nie. Dis ‘n lorrie met ‘n sleepwa. En nog ‘n sleepwa wat aan daai ene se agterkant vasgemaak is, en dan sommer nog ‘n derde enetjie agter daai ene, net vir die snaaksigheid. Dis nou wat hulle bedoel met ‘n road train. Die goed loop die hele wêreld vol. Siende dat die maksimum spoedgrens in elk geval net 110km/h is, is daar gelukkig nie veel road trains wat jou terughou nie, want die manne sit voet neer, en as jy te rustig raak en sit en 100 ry, sal ‘n road train dalk nog jou wil verbysteek ook.
Hier lê hope kangaroos langs die pad. Ek het in ‘n 60 km afstand meer as 100 roadkills getel. Die road trains stop nie vir niemand nie. Daar is natuurlik ‘n gesegde hier in die omgewing: as jy ‘n roo of ‘n emu sien, dan briek jy, maar as jy ‘n abbo oor die pad sien loop, dan sit jy voet neer en jag bo-oor hom. (Ek sal nou nie my persoonlike goedkeuring daarvoor gee nie - ek sê maar net wat ek gehoor het.)
Die eerste deel van die roete was deur die Chittering valley, dis ‘n baie boomryke area; soos meeste plekke rondom Perth. Ons het by snaakse plekke met snaakse name verbygegaan oppad na Mount Magnet, wat amper 560km van Perth af is. Net so 150km voor Mount Magnet is daar ‘n plek met die naam Payne’s Find. Payne’s Find is kleiner as Kalkrand – dis net ‘n petrolstasie langs die pad met ‘n asdrom langs hom.
Oppad soontoe, seker so 50km voor die plekkie, het ek skielik besef dat die wêreld nou baie bekend lyk. As jy net so klein bietjie verbeelding gebruik, dan sal jy glo jy ry nou tussen Rehoboth en Windhoek in ‘n Noordelike rigting met die Auas berge wat daar doer agter uitloer. Ek moes ‘n paar keer my kop skud en eers weer myself oortuig dat ek nie nou oppad is Windhoek toe nie. Behalwe vir die feit dat daar nie kameeldorings is nie, lyk die wêreld vrek bekend.
Ek verwag enige oomblik dat ‘n koedoe hier oor die pad gaan hol. Al wat ek sien is feral goats en emu’s en hordes dooie “skippies”. Dis ‘n snaakse gevoel.
By Mount Magnet moes ons sit en wag vir ons local kontak om op te daag. Ek het ‘n koffie en chips gekoop by die BP se winkel. Beide was glad nie sleg nie. Ten minste het hulle regte koffie gehad, nie die plastic koffie wat hulle by een van die vorige dorpies aan my wou afsmeer nie.
Terwyl ons sit en wag by die vulstasie, sien ek hier sit twee local “indigenous people”. Ek weet nou ook nie meer wat ek hulle mag noem nie. Party mense noem hulle aboriginals; ander voel dis polities inkorrek, en noem hulle “indigenous”. Dit beteken maar eintlik dieselfde as “previously disadvantaged”, en dis natuurlik net ‘n ander term vir “permanently disadvantaged”. Dan is daar van hulle wat hulleself sommer “black fellas” noem. In elk geval, jy weet seker nou waarvan ek praat.
Die twee ingenious peoples sit by ‘n tafeltjie en sit en kyk wat ons maak. So rukkie later staan hulle op en loop oor die pad. Ek loer na die ene – aan sy een voet dra hy niks nie, en op die ander voet dra hy ‘n sokkie. Hy loop so met die kaalvoet en die sokkie in die stofstraat af. Weereens kry ek daai gevoel van bekendheid – kan nie dink wat dit was nie.
Daar is klomp van hulle in die omtrek. Die ene loop met ‘n pram en die ander ene loop heeltyd oor die pad en dan kom hy weer terug. Nugter weet wat hy doen. Die een vrou loop met haar kind by die winkel uit en toe ons weer kyk klap sy daai kind dat die snot spat. Die ou hier langes my noem iets van “bloody coons”; ek maak maar asof ek nie hoor nie.
Na ons die kontak opgespoor het en die werk klaargemaak het, het ons deurgery na Sandstone. Ons kry akkommodasie in ‘n plek wat my Aussie mate beskryf as ‘n “dog’s house”. Dis die enigste plek hier rond, klink dit my.
Ons kry ons kamersleutels. Dis een van vele klein kamertjies wat almal binne-in ‘n container sit. Die kamer het sy eie badkamer, maar die badkamer het ‘n deur aan die ander kant wat na die kamer langsaan toe gaan. Ek deel dus my klein badkamertjie – toilet en stort - met die kamer langsaan. Jy moet maar so half hoop daar is niemand wat sit en deposits maak as jy ingaan nie. In die kamer langs myne bly ‘n jong paartjie – man en vrou.
Ons pak uit en ons stap oor na die bar toe om ‘n biertjie te drink na ons harde dag. Ons het meer as 700km gery en het 2 ure se werk gedoen op site – harde dag gewees die. Hier kom ‘n ou aan met ‘n ou leer cowboy hoed wat lyk asof die ding al baie tawwe tye gehad het. Net daarna kom daar toe nog ‘n perd in met ‘n hoed wat die eerste ou sinne nuut laat lyk. Die ding is vol gate, en hang soos ‘n stukkende strooihoed om die man se ore.
Die derde ou wat inkom lyk soos Crocodile Dundee met ‘n hang-over. Hy het ‘n cowboy hoed met sulke klein kitaartjies en hartjies en goeters wat op die ding se rante vasgeplak is, en sulke lang hare wat onder die hoed uithang. Dit lyk asof hy al ten minste een keer in sy lewe sy hare gewas het. Jy wag net vir hom om enige oomblik ‘n banjo uit te haal en te begin country music sing.
In hierdie geweste dra almal sulke lekka cowboy hoede. Ons het vroeër daar by Mount Magnet se BP twee ouens gesien wat in ‘n Land cruiser daar aangekom het. Toe die bestuurder uitklim is dit net bootse en so bright rooi hemp en ‘n swart cowboy hoed. Hy lyk soos ‘n miniatuur version van Bob Katter. (Gaan lees op wie Bob Katter is, as jy nie weet nie.) Toe die ander ou uit die Land Cruiser uitklim, sien ek dis al die tyd toe eintlik ‘n pregnant vroumens – ook ewe met ‘n cowboy hoed op.
Ek weet sommer so terwyl ek oopbek na al die goeters staan en kyk, dat ek sal moet skryf oor dit. Dis ‘n groot storie in wording.
Terug na die bar in Sandstone:
Die ou met die ou sweet-bevlekte leer-hoed (wat nou nuwer lyk na ek die ander twee ouens se hoede gesien het), het so lekka blou frokkie aan. Daai frokkies wat die Aussies so like - so regte footy shirt (help-my-sterk-lyk hempie). Sy arms is vol tattoos van lelike ou Sarel Seemonsters, en hy het drie oorbelle hier deur sy linker oor. Hy is bruin gebrand – jy sien sommer hierdie ou kom gereeld buite. Hy is vreeslik vriendelik. Op die footy hemp staan iets van Adventure Tours, en ek vra die perd bietjie uit oor sy adventures.
Yep, seg hy vir my – hy is afgetree, hy doen nou net wat fun is vir hom. (Hy is 41, so oud soos ek…) Hy vat mense uit op toere, en whatever jy van hou om te doen, die doen hy met jou. “Shooting, driving, camping, anything goes”. Skielik staan my ore penorent. Ek het sopas ‘n mooi word gehoor. Shooting.
Ek vra hom hoe werk die shooting? Hy sê jy kan sommer hope kangaroos kom skiet. Hy gee jou die geweer, hy “skin” hom sodat jy die vel kan huistoe vat. Hy leer ouens skiet, en laat hulle eers aanlê op ‘n paar blikkies voor hy die geweer in die hand stop en jou laat mal gaan. Ek sê vir hom ek het al gejag, ek het nie blikkies nodig nie. Hy sê ja, hy hoor daai êksênt wat so deurkom. “You guys kill anything over there”, seg hy vir my. Ek sê ja en amen – ek hou van die mannetjie. Ek het net maar liewer nie vir hom gevra wat kos die skietery nie – netnou is dit goedkoop en dan verwaarloos ek my werk hier in die Midwest om ‘n paar skippies te gaan plattrek.
Blykbaar is hy sommer ook die local handyman hier rond. Hy sê niemand wil vandag meer werk nie. As jy bereid is om jou hand op te steek vir werk, sal jy “permanently employed” wees in die plek. Hy doen alles – bouwerk, plumbing, enige ding wat breek maak hy reg, en almal in die dorp hol agter hom aan. Hy geniet sy lewe. Sy girlfriend is natuurlik in charge van die pub, so dit kan net lekker gaan met hom.
Ek loop op ‘n stadium gou uit om my vrou te bel. Ek hou nie daarvan om my privaat gesprekke in die openbaar te voer nie, maar ek sit sommer hier buite op die bankie en gesels, want ek praat mos Afrikaans. Daar in Perth kan jy nerens meer Afrikaans praat en dink niemand gaan verstaan nie. Maar hier in die outback is geen boermense te siene nie – ek gooi die Kombuistaal en praat te lekker met vrou en kinders.
Ek kom later terug by die bar waar die ander ouens nog sit, en sien hier sit die tweetjies wat my toilet met my deel. Die vroumens vra my van waar af kom ek, en ek vertel haar. Die ou wat saam met haar is sê hy het gehoor ek praat Afrikaans daarbuite en hy is daar van ‘n plek af net so entjie van Durban af - daar in Kwaai-zoeloe Natal. Mensig, jy is nerens meer veilig nie.
Ons stap later in die restaurant in. Een van die goed op die menu is “Hamburger in panties”. Ons vra die sjef of dit nie ‘n spelfout is nie – bedoel hy nie “patties” nie? Hy sê nee. Die res van sy verduideliking sal ek nie hier herhaal nie.
Die restaurant werk op ’n baie informele manier. Die kok loop daar rond met ‘n kortbroek en plakkies en ‘n voorskoot wat oor alles hang. Hy het sulke skeel oë – jy weet nie vir watter ene kyk jy nie. Almal in die restaurant praat sommer so oor en weer oor die tafels heen met mekaar. Die sjef is sommer die waiter ook, en hy raak sommer naar met jou as jy vir “veggies” vra. Nou die dat ek ene is wat ooit vir veggies sal vra nie. Ons local kontak sê die man kook goed – ons kan maar order. Ek bestel ‘n roo steak met rooiwyn sous. Ek vra hom of dit roadkill is, en hy sê ja, maar hy vat net dies wat vroeg in die oggende van die pad af geskraap word.
Die kos was lekker. Dis ‘n baie lekker plattelandse gevoel hier in Sandstone – al lyk die kamers soos ‘n tronk op wiele. Die mense is baie plat en grof soos wat net ‘n Aussie kan wees, maar vriendelik en gasvry soos ook net ‘n plattelander kan wees.
Hoe sal ek die hele dag opsom? Dit voel soos ‘n trip na Otjiwarongo toe, met ‘n vinnige stop by Kalkrand en ‘n ander stop by Mariental. Ek weet nie lekker waar ek is nie, maar dit voel soos my land die.
No comments:
Post a Comment