Friday, September 10, 2010

‘n Luilekker Aussie-biltongboer dag

Vandag het die Biltongboer weer een van sy hard-verdiende afdaggies gehad by die werk. Elke “fortnight” kry ek die Vrydag af. Met ander woorde, elke tweede Vrydag sit ek by die huis. Die kinders is by die skool en my vrou hol rond in die dorp. Ek is alleen - ek hou van alleen wees.

Vanoggend het ek bietjie afgestap na ons naaste IGA winkelsentrum net om die hoek, en bietjie inkopies gedoen.

Een van die artikels wat ek gekoop het, was ‘n Vanilla Slice, ook bekend as ‘n “snot block” in sekere dele van die land. Ek het die snot blokkie met ‘n vurk en ‘n skerp mes beetgevat, en hom versigtig benader saam met ‘n koppie vars koffie. Lekker man.

Toe word dit tyd om die vlam aan te steek vir ‘n paar mushrooms oppie barbie. Die armige sampioentjies het nie geweet wat hulle getref het nie. (Terloops, die aussies verstaan om een of ander rede nie as jy van sampioene praat en na hulle verwys as “sampy-jones” nie.) En toe kom die hoofgereg - ‘n lekker ou stukkie rump steak. Die IGA verkoop altyd vleis teen afslag as dit te naby die “use by date” kom. Ek weet mos ek gaan hom dadelik eet, so ek koop die goedkoop vleis.

IMG_8593

IMG_8594Ek was bietjie lus vir ‘n bederf, en het toe sommer van hierdie vleissous gekoop wat jy in die mikrogolf warm maak. 40 sekondes later sit jy met ‘n heerlike pepper-cream sousie, net om die hoofgereg mee af te rond.

IMG_8595Die rump kry so twee minute op elke kant op die warm plaat, en dan is dit tyd vir hom om te wys waarvan hy gemaak is.

Heerlikste ou sappige stukkie vleis. Man, hierdie Wes-Australiese beesvleis is koning.

IMG_8596

Ek voel nou bietjie moeg, en die dag is nog nie halfpad nie. Tyd om my koerantjie te sit en lees, en dan gaan ek eers bietjie lê. Dit was ‘n lang, harde dag die...

No comments: