Friday, September 3, 2010

Yalgoo, Indarra en Geraldton

Midwest trip – dag 4

Toe ek gisteraand in my Miners rest kamertjie intrek toe sien ek die vreeslike heater teen die muur. Ek kon nie dink hoekom jy dit sou nodig kry nie. Dit het gereën deur die dag, maar dit was nie vreeslik koud nie.

Totdat die son eers gesak het – toe begin sak hier ‘n vreeslike koue uit. Ek het die heatertjie maar aangesit en probeer warm word. Dit was ‘n vreeslike koue nag hier in Mt Magnet.

IMG_1806

Vanoggend het ons weer vroeg weggetrek en teruggery in Geraldton se rigting na Yalgoo. Yalgoo is so tipiese klein plattelandse dorpie met een kerk, een drankwinkel en ‘n huis of twee. Hierdie area is weereens vir my soos iets uit my tuisland uit. Hier is ‘n paar fotos wat naby Yalgoo geneem is, en nog ‘n paar bo van die lookout hill af:

IMG_1983 Yalgoo IMG_1807 Yalgoo IMG_1810 Yalgoo IMG_1811 Yalgoo

Yalgoo lookout IMG_2003 Yalgoo lookout IMG_2004 Yalgoo lookout IMG_2007 Yalgoo lookout

Van hier af het ons aangery tot in Indarra, en hier begin verander die omgewing weer. Van hier af tot in Geraldton lyk dit soos die N7 oppad Kaap toe daar van Piketberg se kant af.

Geraldton is ‘n pragtige kusdorpie. Ons bly hier in ‘n baie fancy motel – my kamer lyk meer soos ‘n huis, en ek het ewe ‘n stoepie van my eie. Ek het hier gesit en koffie drink en gekyk hoe die son sak.

IMG_2153 IMG_2144

More gaan ek huis toe. Net so 450km en dan is ek weer terug by die huis.

No comments: