Tuesday, September 21, 2010

Die mannetjie met die manbag

Ek staan nou die dag hier by die poskantoor om 'n koevert te koop. Die poskantoor hier lyk bietjie anders as NamPost - dit lyk meer soos 'n klein weergawe van die CNA. Hulle verkoop allerhande groottes koeverte en CD's en almanakke, koffiebekers, poskaarte en penne, en wie weet wat nog. Amper alles behalwe seëls lyk dit my.

Ek staan en wag in die tou, want ek wil my koevert koop.

Hier twee plekke voor my staan 'n gevaarte wat my sommer laat skrik. Die mannetjie se hare staan soos wilde spykers op sy kop. Hy dra sulke swart klere - ek dog amper hy is 'n bankrower wat nou poskantore wil beroof. Sy ou swart spykerhaartjies lyk bietjie deurmekaar, en hy het sulke lekka punk-style grimering hier rondom sy ou grillerige jakkals-ogietjies. Daar hang 'n kettinkie om sy middellyfie van sy belt af, en hy dra allerhande oorbelle aan sy neus, tong en ore - en wie weet waar nog...

Sy help-my-sterk-lyk swart hempie bult nou nie juis van die spiere nie. Maar wag, hier is 'n ding op sy bo-arm. Nee, dis nie bultende spiere nie, dis nie 'n tattoo van 'n draak wat vuur spoeg nie; dis 'n regte egte "manbag" wat hy so lekker drapeer hier oor sy kunsterige armpie.

Hiert, gogga! Ek val amper om, ek sluk amper my adamsappel heel in, so verbouereerd raak ek. Ek het al gehoor van die man-bag affêre, maar nie gedink daar is mannetjies wat die goed regtig dra nie? Ek knyp sommer my bene styf teenmekaar, en staan met my rug teen die muur, so benoud voel ek.

Toe dit sy beurt is by die till, toe haal hy ewe sy geldjies daar uit sy swart sagte donserige man-bag om te betaal.

Kan jy nou meer?

Toe ek klaar my koevert gekoop het, het ek mooi oor my skouer geloer oppad terug kantoor toe, ek wil nie he die man-bag moffie moet my dalk van agter af bestorm nie. Die wêreld raak gevaarlik deesdae...

No comments: