Tuesday, September 21, 2010

Die mannetjie met die manbag

Ek staan nou die dag hier by die poskantoor om 'n koevert te koop. Die poskantoor hier lyk bietjie anders as NamPost - dit lyk meer soos 'n klein weergawe van die CNA. Hulle verkoop allerhande groottes koeverte en CD's en almanakke, koffiebekers, poskaarte en penne, en wie weet wat nog. Amper alles behalwe seëls lyk dit my.

Ek staan en wag in die tou, want ek wil my koevert koop.

Hier twee plekke voor my staan 'n gevaarte wat my sommer laat skrik. Die mannetjie se hare staan soos wilde spykers op sy kop. Hy dra sulke swart klere - ek dog amper hy is 'n bankrower wat nou poskantore wil beroof. Sy ou swart spykerhaartjies lyk bietjie deurmekaar, en hy het sulke lekka punk-style grimering hier rondom sy ou grillerige jakkals-ogietjies. Daar hang 'n kettinkie om sy middellyfie van sy belt af, en hy dra allerhande oorbelle aan sy neus, tong en ore - en wie weet waar nog...

Sy help-my-sterk-lyk swart hempie bult nou nie juis van die spiere nie. Maar wag, hier is 'n ding op sy bo-arm. Nee, dis nie bultende spiere nie, dis nie 'n tattoo van 'n draak wat vuur spoeg nie; dis 'n regte egte "manbag" wat hy so lekker drapeer hier oor sy kunsterige armpie.

Hiert, gogga! Ek val amper om, ek sluk amper my adamsappel heel in, so verbouereerd raak ek. Ek het al gehoor van die man-bag affêre, maar nie gedink daar is mannetjies wat die goed regtig dra nie? Ek knyp sommer my bene styf teenmekaar, en staan met my rug teen die muur, so benoud voel ek.

Toe dit sy beurt is by die till, toe haal hy ewe sy geldjies daar uit sy swart sagte donserige man-bag om te betaal.

Kan jy nou meer?

Toe ek klaar my koevert gekoop het, het ek mooi oor my skouer geloer oppad terug kantoor toe, ek wil nie he die man-bag moffie moet my dalk van agter af bestorm nie. Die wêreld raak gevaarlik deesdae...

Friday, September 17, 2010

Tyd om fees te vier

Ons vier vandag twee jaar in Australië, en my verjaarsdag was ook laas week.

Ek het hierdie jaar ‘n klomp goeie geskenke gekry vir my verjaardag. My een vriend James het hier opgedaag met ‘n big-screen TV.

IMG_8674

Daar is ‘n prentjie van die Pous op net om die ding heiliger te laat lyk…

Ek het al voorheen ‘n big screen by my ander vriend Tony gekry, maar hy was een van daai meer outydse tipes wat ‘n ton weeg.  Hy staan in die kinders se speelkamer.  Dus is hierdie nou al die tweede big screen wat ek present kry vandat ons hier geland het!

IMG_8676

En my vroulief het vir my ‘n ordentlike koffiemasjien gekoop. Die ding forseer warm water teen 15 bar deur die koffie - ‘n regte egte koffiemasjien hierdie.

IMG_8675

Daai koffie is so lekker, as ek in die oggende werk toe ry dan proe ek nog daai lekker koppie koffie hier in my mond - al het ek my tande geborsel. Die hele dag lank droom ek van daai lekker koffie, en kannie wag om weer huis toe te gaan en nog enetjie te brou nie. Mense, dis ‘n lekker lewe die.

Gisteraand het ek en my mooi vroutjie gaan uiteet. Ek het ‘n plek bespreek in die stad. Dis ‘n restaurant op die 33 ste vloer van die St Martins gebou. Die hele vloer draai stadig in die rondte terwyl jy daar sit. Dit was ‘n ongelooflike ervaring. Die kos was uit die boonste rakke, alhoewel ons nou en dan moes vra wat beteken die goed op die menu - dis sulke franse woorde.

My bestelling was:

“Char grilled grass-fed beef fillet, cacciatore sausage and brie polenta, roasted Field mushroom and red onion jam and a port jus”

Die sogenaamde polenta is eintlik maar amper soos mieliepap, en alhoewel ek nog nooit ‘n groot pap-vreter was nie, was dit lekker om ‘n slag bietjie mieliepap by my kos te kry.

Die vleis was uitstekend.

My ander helfte het vis bestel:

“Fresh ocean trout, cucumber yogurt, herbed and crumbed zucchini and eggplant, chorizo, chilli confit.”

Dit was blykbaar ook besonders lekker. Die kelner praat ook met so stewige Franse aksent, dus was dit by tye moeilik om uit te vind wat ons eintlik bestel, want hy het gesukkel om dit te verduidelik.

Ons poeding was

“Chocolate moelleux with a raspberry melting heart, vanilla bean ice cream”

Mensig, dit was ‘n stukkie hemel wat aarde toe gekom het. Dis amper soos ‘n chocolate brownie wat nes ‘n muffin lyk. As jy hom oopmaak, dan peul die warm sjokolade sous uit sy magie uit. Heerlik.

17092010(008)

Die hele petalje het my amper $200 uit die sak gejaag, as jy die $11 parkeerplek in die basement bytel. Dis teen vandag se koers amper R1400 vir twee mense. Ek weet nie wat dit deesdae kos om in Suid Afrika uit te eet nie, maar dit klink vir my stewig. (Maar dit was elke sent werd, glo my!)

Ons is nou presies twee jaar al hier in Perth. Kan nie glo hoe die tyd vlieg nie. Vanmiddag vlieg my oudste na Canberra en Sydney vir ‘n skooltoer - ek is so lus om saam te gaan, ek kan my lag nie hou nie. Maar ek sal maar hier by die huis moet bly en die vroumense oppas!

i simpl storiki

Ek ht bslyt om vi julle i storiki ti skryf in “SMS taal”.

Vnoggnd tu ek by di garage uitry toe sien ek my kar si 1 wiel is pap.  Ek moes toe di wiel omrl.  ek ht vreeslk gevluk & kwat geraak oor di simpl wiel.

Eers mut jy di sparwl lat uitkom.  Die sparwl het i ding innie midl va di vloer ondir di mat.  Dar sit i mur wat jy moet drai tot di wiel oppie grnd is.  Dan mur jy di wiel tot hy loskom va di ding af.  Di sparwl is omtrnt helfte va di regte wiel – hy lyk soos i marie biskit en het grot letrs op wat sê hy maggie vinigir as 80 ry ni.

My hanne ht vrslk vyl gerak met die wiel ryliry.  Weetie hoeko i bleri wiel altyd so vuil moet wesie.  di pat is mossie so erg vuil ni man?  Ht somma my eie mur ook gestrip.

Tu mut ek die annir wiel afhal & di wiel-mur is bai styf vas.  Tu vluk ek wee baje.  Na ek di wiel afgekry ht mus ek di dun sparwiliki opsit.

Ek het di sparwiliki oppie kar gesit en toe mus ek na di tajr plek toe ry ommie tajr te fix.

i bleri skroef ht innie wiel gasteek en hy sit oppie kant va di wiel nou kan ekkie eers di wiel lat fix ni – moet nuwe ene buy.

8 nee man dissie lekka nie etse.

Ek wag tu viddie maniki ommie wiel om te ryl.  Tiwyl ek kyk sien ek di mensi wat karre was da by die kawasj.

Di wiel is kla ma ek mut nog di sparwiliki trig sit.  Dan mut ek wee di ou mur drai tot hy di dingiki oppie grnd lat sak.

Di dag kannet betr rak va hi af.

Friday, September 10, 2010

Die buurman se dogter en die swaai

Ons bure het ‘n groot swaai gehad. Oom Buurman was ‘n loodgieter, maar nie sommer enige ou plumber nie - hy was ‘n duitser. ‘n Duitse loodgieter doen dinge ordentlik, en hy het ‘n goeie reputasie gehad. Hy het elke Saterdag in sy garage gewerk, en sy radio kliphard gespeel sodat hy die rugby kan volg. Dit was nog voor ons TV gehad het. En toe ons in Windhoek TV kry in 1981, het hy geweier om een in sy huis aan te hou. 

Ek onthou nog hoe hy altyd rugby geluister het op die radio, so tussen die sweisery en werkery deur. Hy het aangehou daarmee tot ek na matriek uit die huis uit is.

Die swaai het hy self aanmekaargeslaan - hoe dan anders? Dit was die hoogste swaai wat ek in my lewe nog gesien het. Daai kettings was kilometers lank. Dit het baie energie gevat om die swaai aan die gang te kry en om hoog met hom te swaai. Die ding kon so hoog swaai dat ek skoon bang geraak het.

Ons het gereeld langsaan gespeel by die bure se dogter. Sy was ‘n jaar ouer as ek, en haar ouer suster en broer was baie ouer as ons. Ons het gereeld “pa, ma en kind” gespeel - ek is die pa, sy is die ma, en my boetie is die kind. Niks leliks nie - baie onskuldig. Ons het selfs “dokter-dokter” gespeel sonder dat dit ooit in iets viesliks ontaard het. Ons was goeie maatjies gewees, veral oor die vakansie tye. Omdat ons in die uithoeke van Windhoek gebly het, daar in Avis, was daar nie veel ander maatjies om mee te speel nie.  (Daai tyd was Avis soos nog ‘n klein plattelandse dorpie buite Windhoek, so ver was dit van alles af.)

Ek moes kies tussen haar of die mal duitsers aan die ander kant. My ma-hulle wou nie he ons moet met hulle speel nie - hulle vloek te veel, en die kinders vloek en slaan sommer die ma as hulle nie hul sin kry nie.

Sy het gereeld geswaai op die ding.  Die swaai het mens altyd so rustig gemaak, as jy daar hoog bo alleen was.

Elke nou en dan het ek ook ‘n beurt op die swaai gekry. Dan swaai ek so hoog as ek kan tot ek bang raak. As die kettings oppad ondertoe so bietjie slap raak aan die bokant, dan skrik jy jou hele middagete sommer weg.

Haar pa het altyd met so Volkswagen kombi bakkie gery. Eendag toe koop hy een van daai nuwe Kombi Fleetline bakkies. ‘n Gele, met so ronde neus met ‘n V wat afkom.

Ons staan bo by die huis se trappe, en gil van die trappe af: “Ryk omie, ryk omie!!” Ek weet nie hoekom ons dit gedoen het nie, maar dit was vir ons baie snaaks om iemand met ‘n nuwe kar te sien. Toe my ma ons hoor, toe word ons ingeroep, en die houtlepel word hard neergelê op ons agterente.

Ek het bietjie gaan opsoek oor die Fleetline, en het dit gekry:

 

In 1975 the VW Fleetline was released in South Africa as a budget alternative to the German models. It was only in production for a year and was manufactured in Brazil, comprised of parts from both older and newer versions of the transporter. Fleetlines came in three options: panel van, 15-Window Kombi and wide-body single cab pickup/bakkie.

kombi 1976-fleetline-RHS-front

 

 

 

 

 

 

Hy het nie die Fleetline lank gehad nie, toe koop hy ‘n ander geel kombi bakkie, ene wat ek dink hy vandag nog het. Al sy pype en goed het hy agter op die tralies gehad.

vw-kombi-cab-ute Rare-VW-Kombi--by-youbeaut-com-au-qpps_699807152775567.MD.jpg,290,193.333333333

Later jare het die meisiekind ‘n tiener geword en heel mislik geraak. Haar kamer se mure was vol posters van punks en rock stars, en sy het begin pop musiek luister en in snaakse goed begin belangstel. Ons het opgehou saamspeel, en ek het van toe af ver weggebly van haar kamer af.

Ek het later jare heel kontak verloor met haar.  Sy het met harige bikers en goete begin rondhang op hoërskool, en van daar af het dinge net vererger.

Ek wonder of sy nou terugverlang na daai onskuldige tye, toe sy nog nie probeer het om ‘n wille grootmens te wees nie. 

image

‘n Luilekker Aussie-biltongboer dag

Vandag het die Biltongboer weer een van sy hard-verdiende afdaggies gehad by die werk. Elke “fortnight” kry ek die Vrydag af. Met ander woorde, elke tweede Vrydag sit ek by die huis. Die kinders is by die skool en my vrou hol rond in die dorp. Ek is alleen - ek hou van alleen wees.

Vanoggend het ek bietjie afgestap na ons naaste IGA winkelsentrum net om die hoek, en bietjie inkopies gedoen.

Een van die artikels wat ek gekoop het, was ‘n Vanilla Slice, ook bekend as ‘n “snot block” in sekere dele van die land. Ek het die snot blokkie met ‘n vurk en ‘n skerp mes beetgevat, en hom versigtig benader saam met ‘n koppie vars koffie. Lekker man.

Toe word dit tyd om die vlam aan te steek vir ‘n paar mushrooms oppie barbie. Die armige sampioentjies het nie geweet wat hulle getref het nie. (Terloops, die aussies verstaan om een of ander rede nie as jy van sampioene praat en na hulle verwys as “sampy-jones” nie.) En toe kom die hoofgereg - ‘n lekker ou stukkie rump steak. Die IGA verkoop altyd vleis teen afslag as dit te naby die “use by date” kom. Ek weet mos ek gaan hom dadelik eet, so ek koop die goedkoop vleis.

IMG_8593

IMG_8594Ek was bietjie lus vir ‘n bederf, en het toe sommer van hierdie vleissous gekoop wat jy in die mikrogolf warm maak. 40 sekondes later sit jy met ‘n heerlike pepper-cream sousie, net om die hoofgereg mee af te rond.

IMG_8595Die rump kry so twee minute op elke kant op die warm plaat, en dan is dit tyd vir hom om te wys waarvan hy gemaak is.

Heerlikste ou sappige stukkie vleis. Man, hierdie Wes-Australiese beesvleis is koning.

IMG_8596

Ek voel nou bietjie moeg, en die dag is nog nie halfpad nie. Tyd om my koerantjie te sit en lees, en dan gaan ek eers bietjie lê. Dit was ‘n lang, harde dag die...

Thursday, September 9, 2010

Trip to the Wild Mid West

I’ve recently done some travelling around the Midwest region of Western Australia.

We got onto the Great Northern highway early in the morning.  The only reason the call it “great”, is because of the massive distances that you travel – not the size of the “highway”.  It mostly consists of a normal 2-way bitumen road that looks similar to the Trans-Kalahari highway on the way to Swakopmund on the Namibian coast.

New Picture (8)

New Picture (10)

An interesting concept around these parts is what they call a “road train”.   It’s not a freight train that crosses the road; it’s a massive long truck that can pull up to three trailers, all trailing behind each other.

Road Train @ Mt Magnet

I saw heaps of kangaroos lying dead next to the road.  Over a distance of 60 km l actually counted more than 100 roadkills strewn around the place.  (The road trains don’t brake for anything…)

The first part of the route was through the Chittering valley.  Once we got closer to a place called Payne’s Find, the region was looking extremely familiar.  Payne’s Find is pretty much just like Kalkrand in Namibia – a petrol station with a garbage can next to it.

On the way there, probably about 50km before we reached PF, the area reminded me a lot of the road from Rehoboth to Windhoek, with the Auas mountains in the background.  I had to pinch myself a few times just to remind myself that I was not driving in Namibia.

I was expecting a kudu to jump over the road at any moment.  All I saw, however, were emu’s, dead skippies and feral goats all over the place.  It was a weird experience.

IMG_1410 Mt Magnet

At Mount Magnet I saw two local indigenous people sitting at a table.  They got up later, and I watched as one of them walked over the road with one foot totally bare, and the other one clothed with just a dirty sock.  With this irregular footwear he was merrily walking across the dusty road.  Once again I had this weird feeling of familiarity – I’m not sure why…

IMG_1400 Mt Magnet

There are quite a few of them folks around. There were two blokes standing around the public phones – they just never seemed to be able to get away from the phones.  Another bloke was crossing the road every now and again.  I have no idea what he was trying to achieve.  All of this was happening while we were waiting for our local contact to arrive.  I therefore had a lot of time to observe some of the things going on. 

One of the defining moments was when I saw an indigenous lady come out of the BP shop, and as they left the shop she gave her poor kid a smack that made the snot fly.  I then heard someone in the vicinity saying something about “bloody coons”.  Obviously the inter-cultural love runs deep in these parts.

A local bloke told me that in one of the towns in this region, they still had the “black and white bars” until a few years ago.  This meant that “black fellas” and “white fellas” did not drink at the same bar.  Interesting. 

We finally ended up in Sandstone, and holed up in a place that my colleague cheerfully described as a “dog’s house”.

Sandstone

I met quite a few interesting locals at the bar.  All of them were wearing leather hats for some reason – even long after the sun had set.  One bloke looked like a mix between crocodile Dundee and the Terminator, with a little bit of country music thrown in.  I was just waiting for this bloke to present a banjo and start singing country songs, but fortunately this didn’t happen.

I even met a South African here.  Yep, out here in the sticks, I walked into a saffer.  You can’t go anywhere without running into one of them.

Around these parts people like to dress like cowboys. At the BP in Mt Magnet I saw a bloke who looked like a miniature version of Bob Katter.  These two blokes were driving in a Land Cruiser, and when they stopped the driver got out wearing a bright red shirt, black jeans, boots, and of course a massive leather hat.  When his hat-wearing buddy got out of the car, I suddenly noticed that she was a pregnant lady, although she looked a lot stronger than the skinny driver.  And her hat was bigger.

Well, back in the bar in Sandstone, I met this friendly fella who was wearing a footy shirt with the words “adventure tours” written on it.  I asked him about his adventures, and he explained that he took people on all sorts of adventure tours around Sandstone.  He’ll do anything you want to do – you can shoot roos, go camping, 4x4 driving, or just sit drunk around the fire – whatever your fancy.

I liked this idea about roo-shooting, and he explained that he provides the weapon and a little bit of training - and live targets, of course.  You can start out on tins cans, and once familiar with loading and cocking the gun you qualify to take out some live targets. 

I like this guy.  When I explained to him that I’ve done a wee bit of hunting myself, he responded enthusiastically by telling me that he recognised my horrible Souf Efrikuhn eksehnt, and that “you guys kill anything over there!”

I decided not to get a quote, cause I might have ended up shooting roos instead of getting the job done that my company sent me over here for.  But I’m still keeping it in the back of my mind.  Maybe a little team-building exercise?

I love these country towns.  They have an atmosphere that you just can’t get in the city.  And I enjoyed not having to stop at traffic lights or having to sit on a freeway for half an hour on the way to the office.  And I love seeing animals roam around, even if they’re just boring emu’s and skippies.  I also saw millions of sheep, feral goats and cattle.  Awesome.

The restaurant was another abnormal experience.  The chef, who also doubles as the waiter, is a classic.  He walks around in shorts and thongs, with an apron covering his stomach.  He nearly threw a fit when one of the ladies in the restaurant requested veggies.  He handles his guests in a very informal manner, and everyone inside the restaurant was talking to each other, even if they were not seated at the same table.  Great atmosphere.

I ordered some dead kangaroo, and he made a good job of it.  He mentioned that his roadkills are normally scraped off the road in the early morning, so that it’s still fresh.

The food was really good.  This place is great, although the rooms look a bit like a jail on wheels.  I had to share a bathroom with the couple next door to me. 

How will I sum this up?  It felt like a trip to Otjiwarongo , with a detour through Kalkrand and a quick stop at Mariental.  I had no idea where I was, but it sure felt like home…

IMG_1419 Mt Magnet IMG_1408 Mt Magnet IMG_1409 Mt Magnet IMG_1415 Mt Magnet

IMG_1417 Mt Magnet

Sunday, September 5, 2010

Slem tjenners

Kallie en Mike se oudste spruite het pas gehoor hulle gaan graad 3 toe.

Mike:" Ek is so trots op daai laaitie. Gisteraand vra ek hom om vir my 'n sin te maak met "bysin" en "gesegde".

Soos blits sê hy toe:" Ons was ons gesegde in die bysin."

Kallie: "Dis niks, Klein Kallie is in 'n Ingelse klas en laas nag het hy my sy tuiswerk-boek gewys. Sentences."

Mike: "Nê?"
Kallie: " Hy moes 'n sin maak met "attack, defence & quarrel".

Toe sê hy: "I climb over defence to pick attack of grapes and eat them quarrel for quarrel."

"...En om te dink hy's net 19!"

Friday, September 3, 2010

Yalgoo, Indarra en Geraldton

Midwest trip – dag 4

Toe ek gisteraand in my Miners rest kamertjie intrek toe sien ek die vreeslike heater teen die muur. Ek kon nie dink hoekom jy dit sou nodig kry nie. Dit het gereën deur die dag, maar dit was nie vreeslik koud nie.

Totdat die son eers gesak het – toe begin sak hier ‘n vreeslike koue uit. Ek het die heatertjie maar aangesit en probeer warm word. Dit was ‘n vreeslike koue nag hier in Mt Magnet.

IMG_1806

Vanoggend het ons weer vroeg weggetrek en teruggery in Geraldton se rigting na Yalgoo. Yalgoo is so tipiese klein plattelandse dorpie met een kerk, een drankwinkel en ‘n huis of twee. Hierdie area is weereens vir my soos iets uit my tuisland uit. Hier is ‘n paar fotos wat naby Yalgoo geneem is, en nog ‘n paar bo van die lookout hill af:

IMG_1983 Yalgoo IMG_1807 Yalgoo IMG_1810 Yalgoo IMG_1811 Yalgoo

Yalgoo lookout IMG_2003 Yalgoo lookout IMG_2004 Yalgoo lookout IMG_2007 Yalgoo lookout

Van hier af het ons aangery tot in Indarra, en hier begin verander die omgewing weer. Van hier af tot in Geraldton lyk dit soos die N7 oppad Kaap toe daar van Piketberg se kant af.

Geraldton is ‘n pragtige kusdorpie. Ons bly hier in ‘n baie fancy motel – my kamer lyk meer soos ‘n huis, en ek het ewe ‘n stoepie van my eie. Ek het hier gesit en koffie drink en gekyk hoe die son sak.

IMG_2153 IMG_2144

More gaan ek huis toe. Net so 450km en dan is ek weer terug by die huis.

Meerkat-hare

Midwest trip – dag 2&3

IMG_1532Ons wou die oggend vroeg wegtrek uit Sandstone. Toe ons egter by die deur uitloer, toe lyk dit soos die Visrivier in vloed hier rondom ons. Dit reën toe al van 2 uur die oggend af, en dit lyk nie asof dit wil ophou nie.

 IMG_1533

Ons sou deurry na Wiluna, maar die paaie soontoe was almal gesluit weens die reën. Dis nou na ons gids eers al wat ‘n mens is gebel het daar in Geraldton en vir almal gevra het om na die satelliet-fotos te kyk op die internet, en toe praat hy met die Shire kantoor en die mense van Roads en wie weet wat nog almal. Hulle vertel my hierdie tipe weer kom nie gereeld hier voor nie.

Ons besluit toe ons ry na Mount Magnet, en van daar verder na die volgende plek toe.

Dit reën dat die stof staan.

IMG_1634 IMG_1583 Sandstone IMG_1632

Toe ons in Mt Magnet aankom, toe loop die rivier deur die driffie in die pad. Daar is ‘n groot meetplaat wat wys hoe diep die rivier loop, en hy hardloop hier by 0.3m. Die ou wat saam met my ry is te bang om deur die stroompie te ry – hy wil die ompad vat. Ons het elke jaar daar in Windhoek deur sulke riviere gery oppad huistoe - 300mm is mos niks nie man? Ek kan dit met ‘n fiets doen.

Ek moet nou wel noem dat ons in ‘n Holden bakkie gery het. Dis so ‘n plat kar wat lyk soos die Holden sedan wat net ‘n bak bygekry het – nou is hy ewe ‘n “ute”. Hy skraap sy pens deur elke driffie en oor elke sypaadjie. Maar ek is seker selfs die ding sal deur die stroompie kan gaan.

Die ander ou ry met ‘n Land Cruiser bakkie en hy het darem net-net genoeg moed om te glo hy sal dit kan maak met ‘n 4x4 Land Cruiser wat ‘n snorkelpyp het wat soos ‘n skoorsteen hier langs sy dak uitsteek. Ons kyk hoe hy deurry – sy wiele word skaars nat, die water raak nie eens aan sy aste nie. Maar die man wat ons bakkie bestuur wil nie dit wag nie – ons moet langpad ry.

Toe ons uiteindelik anderkant kom, toe het die hele dorp al begin vergader hier by die stroompie. Dit laat my so dink aan Windhoek. Elke jaar het ons daar in Avis by die driffie gaan staan om te sien wie weet hoe om in water te ry en watter dom ou gaan in die rivier afspoel. Ons kinders het gewoonlik in die water rondgespeel terwyl die grootmense probeer om deur die water te kom. Dit was elke jaar ‘n groot spektakel.

Hier is so groep mense wat deur die area toer. Hulle ry sulke ou vintage karre en noem dit die “Variety Bash”. Hulle samel geld in vir een of ander charity, en dan ry hulle so van dorp tot dorp met hulle ou tjorre. Die een kar is vol lifesavers, en die manne is nou vreeslik bly want hulle kan lewensredding oefen terwyl die water hier deurvloei.

IMG_1638 Meeka IMG_1636 Meeka IMG_1637 Meeka

Interessant, toe ek bietjie oplees hieroor, toe sien ek Dick Smith se naam weer voorkom:

The Bash legend began with businessman, explorer and philanthropist Dick Smith in June 1985, when he organised to take a few mates for a drive in the outback in old cars and at the same time raise money for charity.

Since then, the annual Variety Bash has become Australia’s most successful charity motoring event and is the focal point of fund raising efforts by many hundreds of Variety supporters Australia wide.

Ons is nou oppad na Meekatharra. Die mense hier praat sommer van “Meeka”. Vir my klink dit soos “Meerkat hare”.

Van Mt Magnet af ry jy deur Cue om by Meeka uit te kom. Hier rond is die afstande net soos daar in Duitswes – dis ten minste 150km tussen twee dorpe. Dis amper soos tussen Mariental en Keetmans. Die pad hier in Cue se omgewing lyk weereens verskriklik baie na ‘n pad iewers tussen Otjiwarongo en Otavi – ek moet elke oomblik weer my oë knip net om seker te maak waar ek is. Ek hoop my fotos gaan julle oortuig, maar wraggies, hierdie plek lyk soos daai land waar ek vandaan kom.

IMG_1760 Meeka tankMeeka se motel was ten minste ‘n ordentlike een, en ek het nie my stort met iemand anders gedeel nie.

 IMG_1645 Meeka IMG_1646 Meeka IMG_1648 Meeka

Die volgende oggend het dit nog steeds so liggies gereën. Die man wat saam met ons rondry, wat al 6 jaar in hierdie omgewing werk, sê dis die tweede keer in daai 6 jaar dat hy sulke weer hier sien.

Ons het nog werk in Meeka se omgewing gedoen, en toe deurgery na Cue waar ons almal in die ander perd se Land Cruiser moes klim om by die site uit te kom. Mensig, maar die wêreld lyk bekend. Ek voel sommer lus en maak vuur en sit en braai hier in die veld. (Cue spreek jy uit soos “leeu”)

Cue se watertenks sit op ‘n koppie, en as jy daar bo staan sien jy ligjare ver. Teen hierdie tyd het my kamera se batterye die gees gegee, en kon ek nie fotos neem nie. Regtig mooi wêreld die – dis nou as jy hou van my tipe wêreld. Hier bo is ‘n barbeque ook, een van daais wat met kole werk – ek moet dalk een naweek deurry en hier kom braai. Dis net so 630 km van Perth af.

Ek het vir my bietjie “beef jerky” gekoop hier in Cue se winkeltjie. Nogal nie ‘n slegte biltong nie.

IMG_1803 IMG_1796

Ons het weer teruggery en ek sit nou hier in Mt Magnet se hondehok. Die plek se naam is “Miners Rest” – die naam gee jou ‘n goeie idee. Elke ou het sy eie kamer met ‘n sitkamertjie en ‘n kombuis en alles. Jy moet maar by die winkel gaan kos koop en dan vir jouself kos maak – hier is nie fancy goed soos restaurante nie.  IMG_1797 IMG_1798 IMG_1799

Die local TV kanale het sulke lekka lam advertensies – dis nie dieselfde kanale wat jy in Perth kry nie. Hier is die gewone ABC en SBS (gaaaaaap…) en dan is daar WIN en GWN – Golden West Network of so iets, so mengsel van ander kanale met ‘n local character. Op die ander kanaal het ‘n ou nou net $10,000.00 gewen in ‘n game show.

SBS is so kanaal waar hulle oorsese programme wys van allerhande plekke af. Daar is Duits, Italiaans en Japsnees/sjineus, maar niks Afrikaans nie. Vanaand het hulle sulke vaal programme op – ek kyk gewoonlik nooit die simple kanaal nie. Die Duitse program lyk asof hy in 1982 gemaak is. Die hero in die storie het ‘n wolfhond, en hy is ‘n Duitser met sulke lelike lippe. Die goed word in Duits gewys, met die engelse woorde onder-aan die screen.

Die volgende program was iets uit Noorweë of een van daai lande. Die hoofkarakter is ‘n polisievrou met die naam Amanda Pihl. Haar naam was genoeg om my te laat skrik, maar daar is niks op die ander kanale om te kyk nie. Ek wonder wie sit nou en kyk die SBS channel elke dag?

Hier is nou nie veel anders om te doen as om TV te kyk nie. Ek sit en tik op my laptop, maar ek is afgesny van die world wide web af.

Terloops, jy kan vergeet om enige ander netwerk as Telstra op te vang in die platteland. Vergeet maar van Three en al daai ander fancy selfoon-netwerke – Telstra is die enigste een wat jou landwyd coverage gee.

Ek sit en kyk nou WIN, en ‘n arme dom blonde meisiekind moet nou raai hoeveel spanne daar in die Rugby league kompetisie is. Blykbaar is dit 16 – ek het ook nie geweet nie. En hier wen nog ‘n perd $20,000. Ek moet op een van die shows kom.

Ek moet sê ek het hierdie trippie so ver verskriklik geniet. Dis lekker om uit die stad uit te kom. Ek is nou nie eintlik ‘n man vir die stad nie. Maar Mt Magnet is ook nou nie heeltemal my idee van ‘n dorp nie.

Nou gaan ek eers kos kook in my Miners rest kombuis – praat later weer.