Thursday, August 26, 2010

‘n Hangende parlement

Ons het vreeslike erections gehad hier doer Onner, en nou het die mense so verwoedelik gestem dat gin hond weet wie’t gewen nie. 

Mense, dis darem so anders as dit wat ek gewoond is.  Daar in Nambobbejania weet ons hoeka lank voor die tyd wie gaan wen – al wat ons nie weet nie, is die persentasie meerderheid wat die comrades hierdie keer gaan he.  Viva! Hierdie eerste-wêreld landjies weet nie hoe om met die stembokse te kroek nie.

Die twee hoofpartye hier het nou altwee ewe min stemme gekry, en nou sit daar ‘n klomp manne wat hulself die independents noem.  Hulle behoort aan geen party nie – hulle is seker die eerlikste van al die politici, maar aan die ander kant seker die moeilikste klomp blikskottels wat jy kan kry. Die klomp gaan nou bepaal wie die land gaan regeer. Gaan dit nou die rooikop merrie wees, of mister Rabbit? Net hulle weet. 14 Miljoen mense het gestem, en op die ou end sit 4 of 5 manne met al die stemme in hulle jeukerige hande.

Dis amper erger as reality TV. Op Survivor, of Big bratha, of Biggest Looser kan jou pelle jou mos sommer van die eiland af stem as jy nie genoeg by almal gatgekruip het nie. Hierdie paar manne kan nou sommer die hele parlement aanmekaar slaan. Hulle is ewe skielik baie gewild.

Hulle kry daagliks duisende oproepe, emails, en sekerlik ‘n paar Wilson toffies en ‘n ou stokkie-lekkertjie onder die tafel deur. Dis nou die manne se week of fame. Die dag as hulle die besluit gemaak het is hulle weer ou nuus, en die Rooigevaar antie of Oom Rabbit vat die leisels en beur vorentoe.

Mense, hierdie democracy affêre is ‘n ding om te aanskou.

Intussen het ‘n onderwyser op Kalgoorlie besluit om die kinders te leer hoe om soos terroriste te dink sodat hulle beter kan voorbereid wees vir die dag wat Achmed met sy AK hier opdaag op hulle voorstoep. Die mense is nou so ontsteld hieroor dat dit sommer voorbladnuus was hier in Double-you-Eigh (WA).

Kan jy glo. As hulle geweet het hoe dit voel om regtig deur terroriste aangeval te word op ‘n daaglikse basis, het hulle dalk nie so tekere gegaan as iemand hulle kinders voorberei om ‘n stap verder te kan dink as Achmed Abdullah nie.

Dis die nuus vir nou. Vreeslike aksie hier Doer Onner. Al ander groot nuus op die draadloos vandag was dat Channel ten nou nog ‘n digitale channel gaan begin met die naam Channel 11, en die gaan al die programme wys wat jy op ander kanale ook kan kyk, net op ander tye. Whoopie. Nogal oorspronklike naam ook ne?

So nou en dan hoor ek iets van Pakistanis wat wegspoel, maar dit klink nie vir my so erg soos die storie van die blinde antie wie se hond nie mag restaurant toe gaan nie.

As ek weer iets hoor laat weet ek julle.

Thursday, August 19, 2010

Die mal Sjineus

Ek skinder nou eers bietjie agter iemand se rug.

Ek hoop maar die perd kom nie eendag agter van Google se translator-affêre nie, maar ek skryf nou maar hier in die Kombuistaal sodat hy nie weet nie. En ek sal sy naam weerhou - "to protect the innocent".

Die snaakse mannetjie werk saam met my. Hy is van Singapoer af, so kort dikkerige figuurtjie met 'n ronde gevreet wat lyk soos Jackie Chan sin - net leliker.

Meeste van die tyd as ek by sy lessenaar verbystap, sit en slaap die bliksem. Hy kan nie sy oë oophou vir langer as 'n halfuur nie. Hy val aan die slaap in die middel van vergaderings, en een van sy tricks is om elke nou en dan "uuhh" te sê, sodat dit lyk asof hy luister en saamstem met wie ook al aan die praat is.

Hy het 'n diploma by een of ander polytechnic in Singapore gekry, maar lyk nie asof hy veel weet nie. Ander ouens op sy vlak kan alleen aangaan met 'n projek en die ding afhandel, maar hy het gereeld iemand nodig om sy hand vas te hou. In die tussentyd het hy besluit dat hy gaan verder swot - hy gaan nou ewe 'n ingenieur word. Hy studeer nou deeltyds by Curtin university. Ek sal later nog daaroor uitbrei.

Ek kom heel gemaklik met hom oor die weg. Ek meen, ek moes met skurwe en uiters useless karakters werk daar in Nambobbejania. Moeilike Rehoboth basters, beterweterige wambos en hardegat Hereros, om van die Duitsers en Boermense nie eens te praat nie. Ek kan met enige iemand van enige ras werk - ek is deur al die toetse.

Op kantoor is dit maklik. Jy staan maar 'n paar minute af en mors daardie tyd om hom te entertain, en dan gaan jy aan met jou werk. Maar maggies, om die hele dag saam met die man in 'n kar opgesluit te sit is 'n ander storie.

Die perd se asem ruik vreeslik man. Hy is 'n toegewyde Boeddhis, en sit en lees gereeld sy boeddha goeters in chinees op sy rekenaar in werkstyd. Omdat hy 'n voorgestel-en-aangeneemde boeddhis is, is hy 'n vegetariër ook. Hy wil weet hoekom ek onskuldige skapies en besies opvreet, en dan vertel ek hom van hoe ons voorvaders moes oorleef toe daar nog nie yskaste en organic farms was nie. Survival of the fittest, boet. Jy eet hom of hy eet jou. Sekere diere is laer af in die food chain, dis hoe die lewe werk man. Hy verstaan nie die ding nie. Hy wil in harmonie lewe met die natuur en sy karma mooi uitwerk of so iets. As ek sy agterent wil krap, dan vertel ek vir hom jagstories. As dit nie genoeg werk nie, dan vertel ek oorlog stories. Hy kry gereeld sulke konvulsies as hy na my stories luister.

Anyway, karma of te nie, whatever hy eet maak dat sy asem vrot. Of hy borsel nie sy tande nie. Die snaakse ding is, as hy kos bestel, dan sê hy spesifiek hy wil nie knoffel of uie he nie. Wat is dit dan wat sy asem so laat stink, wonder ekke nou?

Die man bring elke dag 'n groot bak kos werk toe. Hy maak die goed in die microwave warm - dis een of ander vegetariese brousel, maar dit ruik nog slegter as sy asem. Die mense is nie lekker nie man. Selfs die Aussies trek hulle neuse op as hulle by daai microwave verbystap. Al hierdie Asiese mense het sulke aaklige brousels wat hulle werk toe bring. Ten minste weet ek syne is nie hond of kat nie, want hy is dan nou ewe 'n veggie.

Hy vra my gereeld oor die leeus in Afrika, en of ek al 'n leeu ge-eet het. Dom bliksem. Ek het al vreeslike stories aan hom vertel, so erg dat selfs die Aussies daar rondom ons rol van die lag want hulle weet ek praat nonsens.

Party mense se wêreld is regtig klein. En as jy grootgeword het op 'n eiland waar almal in 'n voëlhokkie bly iewers hoog in die lug, dan weet jy blykbaar nie veel van die lewe af nie.

In elk geval, hier gaat ons twee in die kar, al die pad na 'n site toe. Ek draai daai aircon vroeg-oggend al hoog op, want ek probeer sy asem wegblaas. Hy hou van gesels, en as hy praat dan draai hy sy asem hier in my rigting - sies man.

Vanoggend ry ons weer, maar ek moet eers sit en wag want hy laai goed van die internet af en wag vir die printer. Ek is klaar boos want ek wou lankal gery het. Hy kom daar aan met 'n assignment vir sy engineer-graad. Hy moet 'n robot programmeer met JAVA en hy het nie 'n clue nie. "Ahh never yous jawa befoh hau eye do it now? Hau?" So gaat hy aan. Ek sê vir hom jy kan nie 'n ingenieur word as jy nie jouself nou en dan kan help nie. Hy verstaan nie.

Ek wens die pad wil korter raak, maar ons is oppad na Harvey, dis bitter ver. Man, ek is nie lus vir dit nie.

Hy vra my hoekom bly mense hier nie liewer in woonstelblokke soos in Singapore nie. Dis dan baie meer efficient en spaar spasie en so aan. Hy verstaan nie so lekker van lifestyle en sulke dinge nie. Hy wil weet hoekom ek nie eerder Europa toe getrek het nie. Mense, ek moet heeldag vir hom sulke twak sit en verduidelik. Ek soek oop spasies en ordentlike weer; nie freakin hokkies op 'n hoop nie - hoe moeilik is dit nou?

Ek dog ek is dalk 'n sleg rassis, maar jy moet sien hoe hanteer hierdie Aussies die perd. Hulle is vreeslik vriendelik, maar wag tot hy by die deur uitstap, dan hoor jy 'n ander storie. Ons neem fotos op al die sites. Die een ou vra ewe vir my of die China nie dalk 'n terroris is wat fotos neem sodat hy later bomme kan plant nie? Almal op kantoor weier om saam met hom te werk - maar niemand sal dit reguit voor hom sê nie.

Ek het nou die dag fotos van sy huis gesien wat hy op die werk se kamera afgelaai het. Dis net wierook en mirre waar jy kyk. Dit lyk soos 'n hippie colony of iets. Boeddha beeldjies die hele plek vol, en rook wat trek. Nee man, die goed is nie vir my nie.

Hy sit en slaap natuurlik heel pad terwyl ek terug bestuur - hy kan nie sy kop regop hou vir langer as twee minute nie - selfs nie as ek aspris van die pad af neuk nie.

Hy het so snaakse gewoonte om vrae te vra, maar glad nie na jou antwoorde te luister nie. Jy begin wegtrek met 'n antwoord, maar nog voor jy naby dit kom, val hy jou in die rede met iets wat heel irrelevant is. Mense, dit maak my beneuk. Sy "attention span" is korter as 'n blerrie slak sin.

Die experts is reg - mens leer baie as jy multikulturele ervarings het. Party keer wonder mens net of jy regtig nog iets wil leer.

Anyway, vanaand borsel ek weer my tande baie hard - ek doen dit altyd as ek ander mense se asems ruik. Netnou ruik ek so vir ander mense?

Tuesday, August 17, 2010

Blinde mense se honne, en ander lawwe stories

Ek woon nou al ampertjies twee jaar lank al hier Doer Onner. Partykeer hang my bek nog steeds oop oor die snaaksighede wat ek sien.

Mens sou dink jy sal die goed gewoond raak, maar elke nou en dan tref dit my nog steeds dat ek eintlik 'n alien van 'n ander wêreld af is, en dat ek nie van hier is nie.

Gister het ek vir Elvis gesien. Op die Freeway, oppad werk toe, hier hang Elvis oor die loopbrug en waai vir my. Kan jy glo.

En vanaand kyk ek die nuus. Hier is mos nou vreeslike erections aan die gang, en dit lyk meer na Australian Idols as na 'n national erection. So nou en dan is daar nuus wat nie oor die verkiesing gaan nie. Baie min, maar dit gebeur tog partymaal. Soos vanaand.

Hier is mos 'n hele paar free TV channels, en meeste van hulle het deesdae 'n HD kanaal ook. Australia is besig om oor te skakel na digitale televisie, en gaan een of ander tyd die ou analoog seine almal afsit. Hier in Perth is reeds hordes SD channels, wat gewone digitale kanale is, en dan is daar ten minste 4 HD kanale - almal verniet. Net jammer hulle wys helfte van die tyd programme wat in elk geval in SD opgeneem is en geensins beter kwaliteit kan wees net omdat dit op HD uitgesaai word nie...

Op die sesuur nuus vanaand was daar 'n hele 15 minute lank se gekerm op ABC se HD channel - die nuwe 24 hour news service. Waaroor is die gekerm? Oor 'n blerrie blinde antie wie se hond nie in restaurante toegelaat word nie! Waar het jy al van so iets gehoor? Ek bedoel, dis seker nou nie mooi dat hulle vir haar sê om die hond buite te los nie, maar is dit NUUSWAARDIG vra ek jou? Intussen is Noord Korea besig om atoombomme te bou, Pakistan spoel weg, en ou Brak Obama dink dis 'n goeie idee om 'n 100 miljoen dollar moskee regs langs Ground Zero te bou - maar nee, ons praat oor blerrie "guide dogs" wat nie in restaurante toegelaat word nie.

En toe kom die volgende GROOOOT nuus bulletin. Ben Cousins het besluit om op te hou footy speel. "Ben Cousins?", vra jy seker nou? Wie is Ben Cousins?

Presies.

Hy is net 'n blerrie daggaroker wat Aussie rules football speel en te veel steroids gebruik het tot hy eendag uitgevang is. Na jare se drug counselling en rehabilitasie het hy vir oulaas weer probeer om AFL te speel, maar het swak gevaar en nou bedank hy ewe, na 'n "lang suksesvolle loopbaan".

Daarmee saam probeer die antie met die rooi kop (dis nou ons edele Prime Minister) elke dag vir almal vertel hoe baie sy van footy af weet. Elke keer as 'n vraag in haar rigting kom wat sy nie kan antwoord nie, dan verander sy die topic na die "western Bulldogs", asof dit ewe skielik almal se votes gaan trek. En tien teen een sal dit - dis die ergste van alles.

Sy en Tony Abbott, na wie sy gereeld verwys as "Mister Rabbit", in plaas van "Mister Abbott", debatteer nou al vir twee weke lank in die media oor of hulle 'n debat moet hou of nie. Die vorige debat tussen die twee was so vaal dat die mense eerder Master Chef wou kyk. (En wraggies - hoe verveeld moet jy wees om Master Chef te wil kyk?)

Ek dink die land kort 'n paar Malemas en Mugabes sodat ons net iets kan kry om op die nuus te sit. Dinge raak nou te vaal vir my - ek sien ook al die seemeeue wat onderstebo vlieg uit verveeldheid.

Thursday, August 12, 2010

Die taxi

Ek het gister 'n seminaar in die stad bygewoon. Die normale prosedure as jy in gaan na die CBD, is om eerder publieke transport te vat, want parkeerplek is 'n nagmerrie, en as jy parkeerplek kry kos dit 'n plaas se geld. Daar is 'n paar opsies - die trein, en dan busse waar nodig, of 'n taxi.

As ek uit my eie sak moet betaal, sal ek nooit 'n taxi vat nie. Die goed is vrek duur. Ons maatskappy is egter heel gewillig om vir die trip te betaal, en dus gaan ons met die taxi stad toe.

Ek klim in 'n taxi saam met twee kollegas. Ek sit agter in die taxi, en beloer hierdie taxi drywer van ons. Die perd kan dalk 55 wees, maar aan die ander kant is hy dalk 22. Sy hare is lank, hang tot op sy skouers, maar hy ken nie van hare kam en sjampoe nie. So tussen die vuil swart hare is sulke grys hare ook. Sy oë hang so halfmas soos 'n slang sin, en hy praat glad nie.

Die hele taxi is 'n vullishoop. Hy het die ding maande laas skoongemaak. Sy radio speel vir ons bietjie agtergrondmusiek. Dis so vieslike elektroniese lawaai wat hoort by 'n rave party. Daar speel sulke aaklige elektroniese drommetjies, vinnige tyd met sulke ander geraas wat vir ewig aanhou. Dit klink soos 'n vliegtuig wat val en op die aanloopbaan skreeu dat die vonke spat. Ek kan nie die musiek hanteer nie - dit voel vir my jy moet baie dronk of "high" wees om enigsins hierna te kan luister.

Ek raak seker maar oud, maar wraggies dis te veel vir my man. Ek klim amper by die kar uit toe hy by 'n verkeerslig stop. Die man ry soos 'n maniak. Sy naam is Roberto of so iets - hy moet van Europa af wees, 'n spanjool of 'n ding.

Die ander manne het weer 'n ou gehad van Afghanistan. Die perd wat voor in geklim het, vra ewe vir die ou van waar af hy kom, en die ou antwoord "Afghanistan". In plaas van om iets verder te sê, bly die passasier tjoepstil. Die stilte raak baie ongemaklik, en die ouens agter in begin praat maar eerder. Dit eindig toe in 'n gesprek waar die taxi drywer amper sy passasiers aanrand. Hy vertel net hoe sleg die aussies is en hoe immoreel hulle is, en dat as iemand sy dogter sou vry in Afghanistan, dan sou hy die volgende dag sonder sy kop gewees het.

Die een perd kap ewe hier van agter af - "if you don't like it, leave!". Hulle eindig amper binne-in 'n lorrie, want die mal drywer se bloed begin kook erg.

Toe hulle my later die storie vertel, lag ek lekker. Ek sê vir hulle my volgende vraag na daai eerste vraag sou gewees het : "So, did you come by boat?" Die manne rol soos hulle lag - hulle ken nie hierdie Boere maniere nie.

Saturday, July 31, 2010

Politics 101

I’ve just realised what the difference is between politics the way I used to know it, and Australian politics – it’s quite simple, really.

But first, let’s go back a few years and use a history lesson to explain what I mean.

In South Africa, during the evil apartheid years when whites ruled with western efficiency and an iron fist, there was a semi-democratic system.  All white people were allowed to vote.  There were a lot of options to vote for: some parties were conservative, some were ultra-conservative, and then there were the hyper-ultra-rightwing conservatives.  Then there also were a few left-wing do-gooders and the communists, who were banned from participating in politics.

The National Party won every election until white rule ended in 1994. 

Then came the new system – the communists were unbanned, the lefties were considered cool, and the conservatives were considered to be from an ancient genetic pool of retards.

The National Party realised it had a bad name now, and they changed their name to the “New National Party”.  This, of course, made no difference in the minds of people as to who they were and what they stood for, and they never gained a real foothold in the new political scene. I don’t think they even exist anymore.

To get back to the point: When the election came on, everyone knew exactly what each party stood for.  In order to determine your choice, you looked at a party’s policies and made a decision who to vote for, based on their leaders, policies and viewpoints on social and financial matters.  (And, of course, based on your ethnic background.)

In modern-day Australia, however, the political party decides what it stands for based on last week’s opinion polls.  It’s nearly impossible to distinguish the difference between the two main parties, as they both try to adapt to what is accepted as “popular opinion” of the day.  The one who gets this wrong loses the election.  As simple as that.

The previous Prime Minister was bounced from his job due to the Labor party sliding in the opinion polls.  Imagine that.  Kevin Rudd wasn’t caught with his pants down or his hand in the till, or molesting children or watching porn on the PM’s laptop.  He was just not popular enough anymore.  So they got rid of him and appointed a redheaded woman in his place in order to win over the female vote.  (Ironically, Rudd was recorded as the most popular PM in Australian history just a year before this happened.)

This is really confusing to dumb immigrants, like me.  I always thought political parties stood for something they believe in, and then try to market themselves based on those beliefs.  They convince people that what they stand for is what people need, and people base their votes on that?

The only party that clearly stands for something in Australia is the Greens, but they’re a bunch of nutters who hug trees and would rather spend money saving whales than helping people.  They honestly believe that climate change is our biggest problem.

I mean, it’s one thing to stand for something, but that something still has to make sense, doesn’t it?

One would wonder what would happen if the opinion polls were being rigged by powerful people who have their own agendas?  If you ask me, it’s  much easier to rig an opinion poll than to rig an election.

Tuesday, July 20, 2010

Die moderne boer en die guvvamunt

Ek loop vandag ‘n interessante ou raak. Hy is ‘n boer, maar nie met ‘n hoofletter nie - hy’s sommer ‘n ou aussie boer, jy weet, daais wat Ingils praat met so gevaarlike draai van ‘n aksent, met ‘n hardgebrande vel en blou oge wat so loer onder sy hoed uit.

Hy het ‘n lieflike stukkie grond net hier buite Perth, naby Victoria dam. Hy het ‘n kweekhuis besigheid - hy verkoop rose en so aan. Op die grond het hy ook ‘n kafee/coffee shop.

Ek en my Chinese Singaporese kollega het bietjie gaan koffie drink by die perd se plek, en toe deur sy tuine geloop. Die perd gesels vreeslik lekker.

Hy vertel my die guvvamunt weet niks van “sustainability” af nie. Alles op sy stuk grond word ge-recycle, insluitende die water. Hy worry nie oor chloor in die water of filters nie, hy drink hom sommer net so. As die sprinklers se water uitloop in die dammetjie, dan word hy sommer weer gedrink - die natuur het sy eie filter, vertel hy my. Al die jare drink hulle daai water net so reg uit die dam, en nog nooit ‘n pes of siekte gehad nie. Al sy plante word gesprei met goeters, maar niks wat gevaarlik dodelik is of die omgewing besoedel nie.  Die manne van Health Services wou hom al toemaak, maar hy laat toets sy water elke maand en hulle kon nog nooit goggas kry nie.

Sien, die perd het al dertig jaar terug begin besef dat die klimaat besig is om te verander, en het toe al begin om “sustainable” te begin boer. Hy het nie gesit en wag vir die guvvamunt om iets te doen nie. Hy vertel my hoe werk guvvamunt:

Al die dom-onnosel mense kry die hoge poste in die regering. Dis die ouens wat te dom was om hulle eie besigheid te begin, of te harregat was om vir ‘n baas te werk. Die perde met min breins wat ook nie met hulle hande kan of wil werk nie, dis nou hulle wat daai hoge regeringsposte vul. Die stupid mense, seg hy vir my.

Die hele storie begin vir my baie bekend klink.

Hy vertel my die manne praat met verkeerde raadgewers daar in die boonste rakke. Hulle moet afkom grond toe en praat met die mense wat die werk doen. Mense soos hy, wat sy hele besigheid self aan die gang hou.

Daar werk so dik vriendelike antie vir hom op die erf. Sy het hoeka vir my japsnees-kollega die verkeerde raad gegee, en die man vertel my toe hoe moeilik dit is om vroumense in die hande te kry wat breins het. Vir die salaris wat hy kan betaal, moet hy maar sukkel met die ou merrie.

Man, ek lag lekker vir die ou.

Sien, ‘n Aussie boer is in baie opsigte nes ‘n Afrikaner boer. Hulle is harde mense, want hulle werk hard, en hulle is selfstandig. Hulle is net nie so vreeslik moerig en kwaad vir die wêreld soos meeste Boere nie. En hulle is baie vinnig om moderne beginsels toe te pas. Die man het email en websites en ek wonder of hy nie dalk twitter en tweet ook as hy tyd kry nie.  En hy weet wat die woord sustainable beteken.

Ons het natuurlik nou so rooikop merrie wat die land regeer - hy wil nie te veel praat daaroor nie. Sy idees oor vroumense dateer nog so bietjie terug na “die goeie ou dae”. 

Die national erections is mos nou volstoom aan die gang hierso, en al wat leef en beef gons oor die affere.  Dis ‘n geblog, getwitter en getweet en wraggies nog “baby-kissing” in die openbaar ook - ‘n vieslike ou storie sê ek jou.

Tony Abbot

Tony Abbot loop rond in sy budgie smugglers en sy opponent - die rooikop - verveel almal met haar lang tranerige speeches. Almal bid net dat sy nooit met ‘n bikini in die openbaar sal rondwals nie - haar lyf lyk soos ‘n bowling pin met ‘n rooi pruik op.

Rooikop

Terloops - as jy wonder wat “budgie smugglers” is - dis die algemene Aussie beskrywing vir Speedos.

Ek moet nog gewoond raak aan die idee van ‘n verkiesing waar dit gaan oor “policies”.  Die verkiesings wat ek sover beleef het in my lewe, was gewoonlik oor watter party die meeste vals beloftes kan maak sonder dat hulle een enkele beleid op die tafel hoef te sit.  “Free education and freedom for all”, en sulke niksseggende goed is wat ek aan gewoond is.

Dit laat my dink aan die comrade wat saam met my gewerk het wat my die storie vertel het: 

Hy was daar in Ohakati tydens ‘n Swapo party rally.  Almal gil lekker saam aan die goeie slagspreuke.  Hy luister na die ou langs hom.  Hulle almal gil eintlik “Education for all”, maar die ou langs hom toitoi baie lekker en gil ewe plesierig uit volle bors: “Education fokkol, education fokkol!!!!”

Dis ‘n ware storie daai.

Sunday, July 18, 2010

Erections, executions and other democratic phrases

If you’re not from Namibia, you’d probably wonder why I’m mixing these words together.  What do erections have in common with democracy, except for Bill Clinton?

In Namibia a common tendency for indigenous people is to mix up their “l”s with their “r”s.  So it is quite common to hear a news reporter referring to “national erections”, when actually meaning “national elections”.

Anyway, Down Under we had some interesting political developments recently.  A few weeks ago, our Prime Minister was unceremoniously politically assassinated by his own Labor Party.  Apparently he is travelling the world to look for a new job, preferably one where people like to listen to long boring spin talk.

Now a redhead with a horrible Aussie strine accent has taken over.  It was really not fun listening to Kevin Rudd lecturing to the masses, but this lady is a step in the wrong direction if you ask me.  I just can’t get myself to listen to her squeaky narratives.

The redhead has now called a national erection, and on 21 August all “Strayljuhns will be cahstin them votes”.

Experience “New millennium Western democracy” in it’s finest form:  two parties logging it out in the media - twittering, tweeting, blogging and facebooking, crapping and belching anywhere and everywhere.  Not even your own homepage is sacred anymore.  I’ve never seen anything like it. 

I’m used to electioneering Namibian style, where posters hang on telephone poles, and Kosie Pretorius stuffs people’s mailboxes with his party’s pamphlets.  The NBC TV channel would give each party a few minutes on air and they would compete to see who could offer the most pathetic-looking person to beg on their behalf.  Normally a previously disadvantaged deaf-mute albino female with only one leg and no teeth is a good spokes-person for your party, as it shows how much you value their contribution to society.  The more pathetic your representative is, the better party you are.  Apparently.

Of course the ruling party in Namibia always wins with a 75% majority, so why would you tweet, twitter and belch anyway?

But Down Under they do it with style.  Technology is used to reach the dumbfounded masses.  Everyone tweets, twitters and blogs like a madman.  Or woman.

The opposition is lead by a guy called Tony Abbot – a real straight-shooter who constantly needs to explain himself after he mouthed off some politically incorrect comments to the media, while wearing budgie smugglers.  His opponent is a godless unmarried childless redheaded welsh-born lady who just knifed her predecessor in the back while he was still PM.

You can just imagine what this contest looks like in the media.  The comments and counter-comments border on slander and outright insults on a daily basis.  Great stuff!

I love democracy.

The redhead stated a few weeks ago that she did not have any intention of taking over from old Kev.  She said the following, among other things:

May 18 "There's more chance of me becoming the full-forward for the Dogs (Western Bulldogs AFL team) than there is any chance of a change in the Labor Party."

May 18 "I know we’ll be welcoming Jessica [Watson] back to Sydney this weekend after her round the world epic feat. I tell you, I think there’s more chance of me going round the world sailing solo a dozen times than this chatter in the media becoming anything more than that."

If "Steven Spielberg rang me from Hollywood and asked me to star opposite Brad Pitt in a movie, would I do it? Well, I'd be a little bit tempted but you know what, I don't reckon Steven Spielberg is going to give me a call."

May 26 "If I exit politics able to look at the scoreboard and say this is what I did as minister for education, this is what I did as minister for workplace relations, that's enough for me. That's beyond the wildest expectations I had for myself when I started this journey."

June 10 "You may as well ask me am I anticipating a trip to Mars."

June 18 "Look, I know there's been all this breathless media speculation about leadership questions. There's not speculation in my mind."

She became PM on 24 June…