Tuesday, July 20, 2010

Die moderne boer en die guvvamunt

Ek loop vandag ‘n interessante ou raak. Hy is ‘n boer, maar nie met ‘n hoofletter nie - hy’s sommer ‘n ou aussie boer, jy weet, daais wat Ingils praat met so gevaarlike draai van ‘n aksent, met ‘n hardgebrande vel en blou oge wat so loer onder sy hoed uit.

Hy het ‘n lieflike stukkie grond net hier buite Perth, naby Victoria dam. Hy het ‘n kweekhuis besigheid - hy verkoop rose en so aan. Op die grond het hy ook ‘n kafee/coffee shop.

Ek en my Chinese Singaporese kollega het bietjie gaan koffie drink by die perd se plek, en toe deur sy tuine geloop. Die perd gesels vreeslik lekker.

Hy vertel my die guvvamunt weet niks van “sustainability” af nie. Alles op sy stuk grond word ge-recycle, insluitende die water. Hy worry nie oor chloor in die water of filters nie, hy drink hom sommer net so. As die sprinklers se water uitloop in die dammetjie, dan word hy sommer weer gedrink - die natuur het sy eie filter, vertel hy my. Al die jare drink hulle daai water net so reg uit die dam, en nog nooit ‘n pes of siekte gehad nie. Al sy plante word gesprei met goeters, maar niks wat gevaarlik dodelik is of die omgewing besoedel nie.  Die manne van Health Services wou hom al toemaak, maar hy laat toets sy water elke maand en hulle kon nog nooit goggas kry nie.

Sien, die perd het al dertig jaar terug begin besef dat die klimaat besig is om te verander, en het toe al begin om “sustainable” te begin boer. Hy het nie gesit en wag vir die guvvamunt om iets te doen nie. Hy vertel my hoe werk guvvamunt:

Al die dom-onnosel mense kry die hoge poste in die regering. Dis die ouens wat te dom was om hulle eie besigheid te begin, of te harregat was om vir ‘n baas te werk. Die perde met min breins wat ook nie met hulle hande kan of wil werk nie, dis nou hulle wat daai hoge regeringsposte vul. Die stupid mense, seg hy vir my.

Die hele storie begin vir my baie bekend klink.

Hy vertel my die manne praat met verkeerde raadgewers daar in die boonste rakke. Hulle moet afkom grond toe en praat met die mense wat die werk doen. Mense soos hy, wat sy hele besigheid self aan die gang hou.

Daar werk so dik vriendelike antie vir hom op die erf. Sy het hoeka vir my japsnees-kollega die verkeerde raad gegee, en die man vertel my toe hoe moeilik dit is om vroumense in die hande te kry wat breins het. Vir die salaris wat hy kan betaal, moet hy maar sukkel met die ou merrie.

Man, ek lag lekker vir die ou.

Sien, ‘n Aussie boer is in baie opsigte nes ‘n Afrikaner boer. Hulle is harde mense, want hulle werk hard, en hulle is selfstandig. Hulle is net nie so vreeslik moerig en kwaad vir die wêreld soos meeste Boere nie. En hulle is baie vinnig om moderne beginsels toe te pas. Die man het email en websites en ek wonder of hy nie dalk twitter en tweet ook as hy tyd kry nie.  En hy weet wat die woord sustainable beteken.

Ons het natuurlik nou so rooikop merrie wat die land regeer - hy wil nie te veel praat daaroor nie. Sy idees oor vroumense dateer nog so bietjie terug na “die goeie ou dae”. 

Die national erections is mos nou volstoom aan die gang hierso, en al wat leef en beef gons oor die affere.  Dis ‘n geblog, getwitter en getweet en wraggies nog “baby-kissing” in die openbaar ook - ‘n vieslike ou storie sê ek jou.

Tony Abbot

Tony Abbot loop rond in sy budgie smugglers en sy opponent - die rooikop - verveel almal met haar lang tranerige speeches. Almal bid net dat sy nooit met ‘n bikini in die openbaar sal rondwals nie - haar lyf lyk soos ‘n bowling pin met ‘n rooi pruik op.

Rooikop

Terloops - as jy wonder wat “budgie smugglers” is - dis die algemene Aussie beskrywing vir Speedos.

Ek moet nog gewoond raak aan die idee van ‘n verkiesing waar dit gaan oor “policies”.  Die verkiesings wat ek sover beleef het in my lewe, was gewoonlik oor watter party die meeste vals beloftes kan maak sonder dat hulle een enkele beleid op die tafel hoef te sit.  “Free education and freedom for all”, en sulke niksseggende goed is wat ek aan gewoond is.

Dit laat my dink aan die comrade wat saam met my gewerk het wat my die storie vertel het: 

Hy was daar in Ohakati tydens ‘n Swapo party rally.  Almal gil lekker saam aan die goeie slagspreuke.  Hy luister na die ou langs hom.  Hulle almal gil eintlik “Education for all”, maar die ou langs hom toitoi baie lekker en gil ewe plesierig uit volle bors: “Education fokkol, education fokkol!!!!”

Dis ‘n ware storie daai.

No comments: