Ek en my seun was die naweek naby Narrogin op ‘n plaas waar ons ‘n men’s camp bygewoon het. Ons het ‘n boer se huis help klaarbou, en Saterdagaand so bietjie gaan jag vir Kangaroos en ander pestilensies.
Ons het ‘n bonfire aangesteek wat uit ten minste tien groot bome bestaan het – lieflik.
Die jaggery was maar ‘n gesukkel, want die plek is droog en daar is nie veel dierasies wat rondloop nie. Die ou wat die dubbelloop haelgeweer die meeste van die tyd beetgehad het, kon ook nie ‘n kangaroo op 10m raakskiet nie, en wou aanmekaar weer en weer probeer.
Ek het later een kansie gekry om ‘n jakkals te skiet, maar kon net een skoot inkry toe hy onder die draad deur hardloop.
Dit was vet pret - seker die eerste keer wat ek op iets lewendigs skiet in meer as 4 jaar. Die bakkie stop vir niks, jy moet jou skoot sommer so in die ry inkry – nou nie heeltemal dieselfde as spingbokke in die Kalahari jag nie, maar steeds groot pret.
Ons het ook so bietjie “skeet shooting” gedoen met die haelgeweer.
My job was om te help insulasie insit in die dakke, en ek het een van hierdie oranje pakkies aangehad die heel dag lank, en met my hande heeldag bo my kop gestaan werk en lere op en af geklim. Nie ‘n job wat ek vir ‘n lewe sal wil doen nie:
5 comments:
Dis nou 'n moerse vuur!
Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.
Baie mooi foto's
Petrus van Patmos, die wereld het toe nou nie vergaan op die 21ste Mei nie?
Jy's dalk bietjie verwaand om net aan te neem dat ek nie 'n bybel lees nie.
Petrus van ouds het gese die verwaandes sal nie die koninkryk be-erwe nie.
Dankie Sandra - dit is een van my gunsteling hobbies.
Post a Comment