Saturday, August 20, 2011

Making Biltong Down Under

When you’re from Windhoek, you can only spend so much time without biltong.  I was practically raised on this stuff.  I can still remember the first time my granddad got a kudu and we carved it up into little pieces and hung it up in the little room in our backyard.  I was still very young, but I remember it fondly – like it was yesterday.  I can still taste that kudu when I think about it. 

After nearly three years in Perth, and having to buy beef biltong from local butchers at ridiculous prices, I have finally put aside enough time to build a decent biltong drying cage so that I can start making my own biltong.

At first I tried to use a cheap dehydrator, but I will not recommend this to anyone.  If you don’t have one that has variable temperature control, it will just cook your meat while it’s drying, and it will taste like bad army food.

IMG_0863

The better way to make biltong is the traditional way – air drying.  I built myself a nice little cage out of flyscreen, rope and wooden planks, using a staple gun to attach the flyscreen to the sides.  The top and bottom covers are removable, to make it easy to access and clean the cage:

IMG_0972

I also added some wheels to make it easier to drag this thing around the house:

IMG_0976

The meat is prepared by marinading it in vinegar and the basic biltong spices: coriander, pepper, salt and a little brown sugar.

IMG_0859

Then these spiced beauties are hung in the cage by attaching little hooks through them. S-shaped hooks made out of normal binding wire does the job perfectly.

IMG_1125

Using a fan to help blow-dry the meat makes the curing process a little faster, but is not essential.  It does help, however, if you have moving air around the meat.

IMG_1134

Look at these beauties – pure nature at it’s best: environmentally friendly, bio-degradable, and extremely good for my heart and emotional well-being:

IMG_1129

A good piece of biltong is what makes life worth living.

IMG_1140

(No additional animals were killed during the production of this blog…)

Wednesday, August 17, 2011

Pragtige natuurfotos

Hierdie natuurfotos is so mooi, my oë traan nou eintlik van vreugde:

IMG_1129

IMG_1132IMG_1141

IMG_1131

Regte egte organic biltong – no other animals were harmed during the making of this product.  Completely biodegradable and environment-friendly.

Dit kan mos net ‘n ou biltongboer se hart blymaak om dit te sien.  My ou biltongkassie het ‘n goeie job gedoen.

Die lewe is ‘n fees!

Saturday, August 13, 2011

Biltongkas

My vorige pogings om biltong te maak met ‘n stupid dehydrator het nie lekker gewerk nie.  Die ding waai warm wind deur die vleis, maar hy maak dit te warm, en dan is die vleis so half gekook – nie lekker nie.  As jy dit nie vinnig genoeg uithaal nie dan kook die vleis, maar die dikker stukke is weer nie reg as jy dit te vroeg uithaal nie.

IMG_0931

Toe besluit ek dis tyd vir bietjie handewerk in die garage.  Ek bou eerder my eie “purpose-built” boer-maak-‘n-plan biltongkas:

Biltongkas sonder gaas

Ek het sommer vir die ding wiele ook gegee, nou kan hy vinnig geskuif word as die aliens aanval of as ons moet vlug vir die wille dingos.  Ek kan hom dalk agter die kar sleep as ons op vakansie gaan ook.

wheeliebin

Die gaas het ek met ‘n staple gun vasgestik – so maklik soos niks. Die hardste werk was om al die lyne te span binne-in:

IMG_0969

Nou moet ek net eksperimenteer met tyd, windrigtings en temperature, en dan het ons ‘n wenresep. 

IMG_1123

Biltong verkoop in hierdie geweste vir meer as $60 per kg.  Ek gaan ‘n miljenêr word – dis nou as ek nie al my profyt self opvreet nie.

Thursday, August 11, 2011

Grensstories – Deel 7: Min dae

Die lewe op die grens was nie altyd stof, snot, koeëls en hare nie. Ons het lekker tye ook gehad daar in Opuwo.

Ons het nooit middagete of ontbyt gehad nie – ons het ‘n “brunch” gehad. Oor middagete tyd het ons siesta gehou – so lekker ou uurtjie se rus. Die majoor moes ons gereeld daar uit die kamers kom jaag as die uurtjie bietjie te lank geraak het.

So entjie in die pad af was daar ‘n lekka ou winkel met die naam van Nawa Stores. By Nawa Stores het jy alles gekry – ketels, komberse, koffie en enige ander ding waaraan jy kon dink. Ek het ‘n kombers daar gekoop wat ek nou nog het, en ‘n rooi ketel en ‘n lekka ou bierbeker met ‘n prentjie van ‘n Himba tannie op, met die woorde “Opuwo - Topless town” daarop gegraveer.

Die Himba mêmes het mos so topless rondgeloop. Daar was manne wat hulle vergryp het aan die half geklede dames, maar daai rooi klei waarmee hulle hulle lywe besmeer het meeste selfrespekterende manne weggehou van hulle af. Jy ruik hom nog lank voor jy hom sien. Himbas bad een keer in hulle lewe – dis nou die dag voor hulle trou. Hulle hele lyf word van kleins af met daai klei besmeer, selfs die hare word ge-ghries met die goete. Dis amper soos knoffel – dit hou al wat ‘n muskiet en ‘n gogga is, ver weg van jou af, en meeste mense ook. As ons hulle ‘n lift op die buffels gegee het, dan was die buffels se seats rooi van daai goed. En die stank vat dae om te verdwyn.

Mens het later die reuk gewoond geraak en dit amper nie eens agtergekom nie.

Alfa basis was so entjie buite die dorp. Een van ons pelle was ewe die “bevelvoerder” van alfa basis. Een naweek het ons bietjie daar gaan kuier en ‘n paar bottels Captain Morgan Spiced Gold gaan leeg maak. Ons besluit later die nag ons wil kyk of die wagte wakker is. Ons stap met ‘n R4 na die wagkamertjie toe, en trek skote in die lug in. Daai arme wag skrik sy melk suur, en amper skiet hy die hel uit ons uit. Ons was teen die tyd bietjie warm van die rum, en gelukkig het die wag nie raakgeskiet nie.

Dis nou maar die tipe van ding wat ‘n dienspligtige doen om homself besig te hou.

Ons het ‘n lekker ou swembad gehad by die offisiere kwartiere. Die ding was nie soos vandag se fancy swembaddens nie, dit was net met baksteen en sement gebou. Ons het besluit ons wil kyk wat maak ‘n detonator as hy in die swembad afgaan. Dit was vet pret. Die grond rondom die swembad vibreer wild, en later sien ons vreeslike nuwe krake oral begin uitslaan. Toe Majoor Grensvegter later die krake sien, weet niemand waar dit vandaan kom nie.

Ons het nogal TV gehad oppie grens. Maar die TV vang nie eens sneeu op nie – daai dae was daar nog net een kanaal in Suidwes, en hy het nie veel verder Noord as Grootfontein gegaan nie. Langs ons TV was ‘n video masjien. Een maal ‘n maand het ons ‘n pak vars videos gekry van Windhoek af. Nodeloos om te sê dat ons party videos ‘n hele paar keer gekyk het – veral ene met die naam van “Fatal Attraction”...as jy hoor die manne brul en skreeu daar in die TV kamer dan weet jy wat kyk hulle...

Ek onthou nou nog dat ek die fliek “Planes, trains and automobiles” die eerste keer daar op die grens gesien het, en ek het my vrek gelag. Dis nou nog een van my favourites, en elke keer as ek dit kyk onthou ek die TV kamer in Opuwo.

Die onttrekking van die grens af het dinge vreeslik deurmekaar gegooi. Die rumours was sterk dat ons gaan uitklaar en huistoe gaan, en daarmee saam het die naafgat houding al hoe vinniger voorgekom onder ons manne.

Ons het nie eens 40 days gevier nie, want alles het te vinnig gebeur.

Een dag het daar ‘n klomp mannetjies opgedaag in wit karre en blou hoede. Party van hulle het blou berets gedra, ander het sulke blou tulbande gedra. Hulle was van Maleisië af. Ons het die manne maar snaaks aangekyk, veral toe hulle aandring op ‘n “prayer room” wat na Mekka kyk. Hierdie manne was nou die mense van die UN/VVO, bekend as UNTAG.

Tydens die 1 April inval wou hierdie manne ewe met ‘n Buffel na die SWAPO’s toe ry, met ‘n wit vlag op. Ons het hulle vriendelik aangeraai dat dit dalk nie so blink plan is nie. Hierdie perde het nie ‘n clue gehad van oorlog maak nie – hulle het hulle vergaap aan al ons toerusting en veral die Buffels en Caspirs het hulle vreeslik geïnteresseer.

Op hierdie stadium was dit al baie duidelik dat ons amper klaar is met diensplig – ons suidwesters, in elk geval.

Gepraat van 1 April, hier is nog ‘n lekker storie: Daar was ‘n ou wat saam met my JL’s gedoen het, maar wat op ‘n stadium afgegooi was van die kursus want hy het ge-AWOL. Hy kon dus nie rang kry nie. Toe ek by 102Bn opdaag, toe is hy een van ons kokke. Hy was vreeslik lus om te gaan veg, maar hulle wou hom in die kombuis hou – hy mag nie gaan skiet nie.

Een dag tydens die 1 April invalle, toe spring hy agter op ‘n Buffel wat uitry na ‘n kontak toe. Hy beland in die middel van ‘n kontak en skiet vir die vales. Hy skiet nog so lekker, toe jaag ‘n Koevoet Caspir hier reg voor hulle in – reg deur die middel van ‘n kontak situasie, sonder om boe of ba te sê oor die radio. Die perd is kwaad – die Koevoete het al die terrs uitgehaal nog voor hy een kon plattrek. Hy het later vir ons kom vertel hoe lekker dit was om in ‘n kontak te wees – mal blikskottel.

Dinge het na die 1 April inval weer bedaar, en die onttrekking was weer voor op die agenda.

Dit was nie lank nie, toe tree ons paar Suidwesters aan met ons siwwietasse en klim op ‘n Kwêvoël. Die Suid Afrikaanse troepe moet nog agterbly, en ons klaar uit. Hulle moes nog hulle volle tweede jaar klaarmaak in SA, en ons het net eenvoudig huistoe gegaan.

Ons het agter op die Kwêvoël gery al die pad van Opuwo tot in Kamanjab, waar ons by die winkel gestop het. Laat daardie aand het ons in Otjiwarongo gekom – natgereën. Ons het in die menasie geslaap, met ‘n lekkende dak wat ons nog natter gemaak het. Dit was alles die moeite werd – ons was oppad huis toe.

Die Kwêvoël het my in die straat reg voor ons huis afgelaai. Ek het daar afgeklim met my balsak en my siwwietas, en ‘n groot glimlag op my gesig.

Ek het my goed gevat en opgestap na die huis toe.

En dit was my laaste dag in die Army. Ongelooflik hoe dit alles net so geëindig het.

So paar weke later het ons almal ‘n tjek van R3000 gekry – uitklaar geld. Nou moes ons almal skielik gaan werk soek en ‘n nuwe lewe begin.

En dit was dit. Sonder ‘n dankie of ‘n parade of ‘n speech. Alles verby. Ons vir jou, Suid Afrika.

Monday, August 8, 2011

Grensstories - Deel 6: April Fool's Day 1989

1 April 1989, meer as 20 jaar terug - ek het nog daar in Opuwo gesit. Ons was in die middel van die grootste logistieke operasie wat die SA Weermag nog ooit aangepak het - die onttrekking uit die operasionele gebied.

Die ooreenkoms was as volg: SA moes sy magte terugtrek tot suid van die 16de breedtegraad, en die 50000 Kubane moes onttrek uit Angola - en daar word nie meer geskiet op mekaar nie.

Helfte van ons toerusting was al in Oshivelo. Al ons VHD troepe, wat Himbas was, het al reeds uitgeklaar, en het al met hulle gatlappies in die bosse gesit by hulle families. Die oorlog was verby.

En toe kom die nuus - Swapo het ons weer ingeval. Links en regs breek daar kontakte uit, veral in die Wamboland area, en die bloed vloei weer vrylik.

Ons het meeste van ons wapens al terug gestuur Oshivelo toe. Al wat ons nog gehad het, was hierdie aaklige groen gewere wat ons teruggevat het van die PB's af. Hulle het hom die G3 genoem.

Meeste van hulle was lank in die hande van PB's (Plaaslike Bevolking), en is nooit skoongemaak of ge-olie nie. Die PB's het dit by hulle gedra terwyl hulle bokwagters was, en het so nou en dan 'n terr geklap as een dit durf waag het om oor die grens te kom.

Die Himbas het nie baie tyd vir die Swapos gehad nie. Ek onthou vele kere wat daar 'n verslag deurgekom het van himbas wat 'n Swapo met knopkieries doodgeslaan het net na die arme vuilgoed deur die rivier gekom het.

Die G3 in my hande het gesukkel om te span. Ek het hom geskuur en gevryf en ge-olie totdat ek soort-van tevrede was. Daardie aand gaan slaap ons in die offisiere kwartiere. Sonder om 'n oog toe te maak.

Dis die bangste wat ek ooit was tydens die hele oorlog. Ek het geweet ons is kis - moer toe. As hierdie Swapos, Oos-Duitsers, Russe en Kubane vandag ernstig is, dan is die oorlog vir eens en vir altyd verby, want ons het klaar oorgegee. As dit nie vir Koevoet was nie, was ons vir seker daarmee heen.

Wat die politici agter die skerms gedoen het, weet ek nie. Maar iets het hulle die keer reg gedoen, en uiteindelik het die klomp Swapo honde teruggetrek, en kon die vredes-onderhandelinge en die verkiesings voortgaan.

Daar is een beeld wat ek nooit uit my geheue sal kan verloor nie. Die VHD troepe is teruggeroep om weer te kom baklei teen die Swapo hienas. Meeste van hulle was, soos ek gesê het, al by die huis met hulle gatlappies aan. Hulle uniforms, boots, gewere, ammunisie en varkpanne is alles teruggegee aan die Weermag, en helfte daarvan is al oppad Oshivelo toe.

Twee ure na daar 'n beroep gemaak is op hulle om terug te kom, toe staan amper die hele 102 bataljon se VHD troepe aangetree vir aksie. Buffel op buffel ry by die hek uit oppad na die kontak areas toe, met die swart troepe wat hulle gewere in die lug hou en met passie skreeu soos hulle by ons verbyry. Een van die mees trotse oomblikke wat ek ooit in my lewe gehad het.

Rillings gaan nou nog in my ruggraat af as ek daaraan dink.

Lees vir oulaas verder

Grensstories - Deel 5: die reuk van diesel

Daar is sekere goed wat meeste ouens altyd laat terugdink aan die Army. Een van hulle is die reuk van diesel vroeg in die oggend.

Maar daar is ander goed wat ook elke nou en dan opspring, en my heeltemal uitboul. Dit verbaas my hoe sekere goed my vandag nog dadelik kan terugvat na die loopgrawe van Oshiri Kari, of die lui-lekker dae op die grens.

Ek staan vandag voor 'n printer. Die papier wat daar uitspoeg, ruik net soos die papier wat uit 'n warm fotostaat masjien uitklim. En skielik staan ek in Opuwo, meer as 20 jaar gelede.

Die kommandant se vrou het skoolgegee daar in Opuwo. Een oggend tree die Kommandant my aan - hy het 'n spesiale sending vir my. Hoogs geheim, hy het 'n offisier nodig om hierdie belangrike job te doen.

Mev Kommandant het skoolboeke wat ge-fotostateer moet word. Honderde bladsye. En ek is net die man om die job uit te voer.

Oë links, rig op die regterflank - daar gaat jy.

Ek staan voor hierdie fancy wit masjien in die kantoor. Dis die eerste keer in my lewe dat ek 'n fotostaat masjien raakloop. Daai dae het ons in die skole nog afrolmasjiene gehad, en die laaste wat ek gesien het, was toe ou Hendrik daar by my ma se skool die afrol masjien ge-operate het. Hy het daai blou wasvelle mooi opgestel, en die slingertjies gedraai en honderde vraestelle en omsendbriewe afgerol.

Om die waarheid te sê, ons het self 'n afrolmasjien gehad daar op die grens. Ek het ewe nogal op wasvelle getik met 'n tikmasjien. Na omtrent tien pogings was die wasvelle reg vir grootmaat produksie. Man, dit voel soos honderd jaar terug as ek dink aan die goed wat vandag al heel vergete is.

Deesdae moet ons almal mos self tik. In die ou dae het hulle tik-poele gehad by die werk, waar die anties met die lang naels en hoë hakke gesit en tik het. Nou tik almal self.

Om terug te kom na my storie: ek staan voor hierdie wit masjien met die mooi knoppe. Man, ek voel sommer baie belangrik, want nie sommer enige hierjy word vertrou met die fancy moderne masjien nie. Ek beloer al die knoppies, lees ewe die operation manual. Ek sien die ding is baie slim - hy kan selfs goeters kleiner maak en groter maak, en dwars en oor en weer en alles wat jy aan kan dink.

Ek staan voor daai masjien vir twee volle dae lank. Die eerste uur was groot pret, maar daarna was dit vinnig besig om een van die mees traumatiese ervarings van my tyd op die grens te word.

Bladsy na bladsy word gefotostateer. Hopies en hopies word aanmekaar gekram. Toe ek so halfpad deur al die fotostaat-werk is, toe storm die majoor daar in die kantoortjie in. Hierdie majoor was niemand se speelmaat nie - hy was een van daai gevreesde karakters waaroor grootoog stories vertel word langs die vuur. Jy weet mos, daai tipe manne het terrs met kaal hande vrek gemaak en op sulke hope gepak en aan die brand gesteek sodat die tjoppers hom in die nag kan sien daar doer diep-binne-in Angola. En dan het hy elkeen se kleintoontjie afgesny en die bene in 'n kraaltjie geryg wat om sy stewige middel hang onder sy klere. Jy kry die prentjie ne?

Die majoor was ons offisiere se baas. Of "supervisor", sal ons mos vandag sê. Ons het nie met hom gesukkel nie, en as hy iets sê of vra; dan sê ons net baie vinnig "ja, Majoor". Tussen hom en die RSM het hulle die basis in 'n wurggreep gehad wat enige Nazi konsentrasiekamp-fürher sou bang maak.

Majoor kom in met donderweer in sy oë. "Wat maak jy!!???", wil hy weet. Ek verduidelik vir hom dat die Kommandant vir my gesê het om dit te doen. Hy trek daar weg met allerhande reëls en regulasies oor die skool wat sy eie fotostate moet maak, en die army is nie 'n charity nie, en so aan. Ek sê maar net "ja majoor, nee majoor."

Nou moet julle civvies wat hier lees mooi verstaan - die Kommandant het eintlik 'n hoër rang as hierdie perd wat homself 'n majoor noem. Maar hierdie majoor voel 'n veer - hy is eintlik die Baas hier rond. Hy het wraggies daar by die Kommandant se kantoor ingestorm en hom die Leviete voorgelees oor sy budget.

Asof die Army 'n budget gehad het? Hoeveel kos dit om 'n terr vrek te maak? Deel die totale budget deur die hoeveelheid terrs, en daar is jou budget. Skiet net meer terrs en die budget is weer gebalanseerd.

En tot vandag toe nog - elke keer as ek warm fotostaat-papier ruik, dan is dit onwillekeurig waaraan ek dink. Die Majoor wat die Kommandant aanvat oor die fotostaat-masjien, en ek wat staan met hope en hope skoolboeke, en daai reuk van warm fotostaat-papier wat in my hande en klere ingetrek het.

Lees verder