Wednesday, October 26, 2011

Die Koningin, die premier en die jets

Hier in die Wille Weste is mos nou groot dinge aan die broei. Al die groot kokkenosters van die Commonwealth lande kom vergader hier in Perth. Dis nou al maande lank wat beplan word vir die fancy koek-en-tee besigheid met die Queen en al die ander groot terroriste wat hier gaan tea-parties hou. Al Gaddafi se pelle kom ook – ou Zuma, Pohamba – net ou Bob (van Zim) is nie genooi nie, want hy het te veel geraas met ou Tony Blaar en die Queen se mense.

Hier is nou groot makietie hier Doer Onner. Ons fancy rooikop proim ministah het die queen gegroet sonder om haar se kniege te buig, want sy is mos darem ‘n moderne feminis wat nie tyd het vir fancy maniere nie.

Dis mos een van daai rare dinge hier in Australia – die Proim ministah ry met ‘n wit Holden – dis seker die enigste Commonwealth-land wie se groot kokkedoor nie in ‘n duur duitse voertuig rond-gekarwy word nie – die Holden is mos kamstig ‘n eg Australiese simbool. Hulle besef net nie dat die Holden eintlik ‘n simpel Opel is met ‘n ander badge op nie, en Opel is so Duits soos Hitler en sauerkraut.

Anyway.

Hier is hordes goeters gereël vir die affêre. Ons het selfs Saterdag ewe ‘n Big Barbeque with the Queen herself – en natuurlik gaan hierdie biltongboer nie die grootste moerse barbeque in wêreld-geskiedenis kan mis nie! Miskien kry ons nog ‘n ou kiekie van my en die ou antie – hou maar die nuus dop. Ek sal my mooi khaki safaripak aantrek net vir in geval. Met vellies, natuurlik.

Hier vlieg vreeslike goed rond – F18 hornets nogal. Hulle loer en kyk of die Sjinese of die Arabiere ons nie dalk wil binneval nie. Elke nou en dan vlieg hier ‘n hele spul Hornets hier reg oor ons koppe. Elke keer hol ek buitentoe om te gaan kyk, maar dis bewolk en die flippen pilots vlieg daar bo iewerste. Ek het twee van hulle nou die dag gesien daar in Leederville – man dis ‘n mooi ou stukkie vliegtuig daai. Wens net hulle wil my ‘n draai gee op die goed man.

image

Anyway, met al die duisende programme en planne was een van die planne om fotos te neem van verteenwoordigers van al die commonwealth lande wat nou in WA woon. Hulle kon mense kry van 50 van hierdie lande – almal woonagtig hier in die Wille Weste. Raai raai wie word toe die fancy family from Namibia? Dis net hy daai – julle eie ou biltongboer homselwers.

Hulle het ons een Vrydag middag daar in Kings Park afgeneem soos wafferse onderbroek-modelle. Na hulle elkeen van ons uit elke hoek en draai afgeneem het, het hulle besluit om my oudste dogter se foto te gebruik. Sy staan nou ewe en pronk daar in die Hay street Mall, en die oorspronklike kunswerk-foto staan in die staats-teater.

IMG_1314

Ek en my twee meisiekinders het toe nou die aand gaan kyk toe hulle die teater se opening doen – en toe gesels ek bietjie met ons eie ou Premier van Wes Australia. Hy is ‘n vreeslike vrinnelike ou omie, en ek het gesê hy kan kom biltong proe by my huis as hy ‘n tydjie kry. Ek het net vergeet van my safaripak, maar ek dink ek was darem nie te onsmaakvol geklee vir ‘n suidwes biltongboer nie, of hoe?

IMG_0401

As ek geweet het hy gaan daar wees, kon ek dalk vir hom ‘n ou biltongtjie saamgevat het – dit sou seker beter afgegaan het as die fancy vinger-etes wat hulle by die plek gehad het. Ons moes maar doen met die smoked salmon en allerhande fancy mushrooms met kaas en WA se beste wyne.

Ek wonder of die ou queen my biltong sal eet daar by die groot barbeque?

Saturday, August 20, 2011

Making Biltong Down Under

When you’re from Windhoek, you can only spend so much time without biltong.  I was practically raised on this stuff.  I can still remember the first time my granddad got a kudu and we carved it up into little pieces and hung it up in the little room in our backyard.  I was still very young, but I remember it fondly – like it was yesterday.  I can still taste that kudu when I think about it. 

After nearly three years in Perth, and having to buy beef biltong from local butchers at ridiculous prices, I have finally put aside enough time to build a decent biltong drying cage so that I can start making my own biltong.

At first I tried to use a cheap dehydrator, but I will not recommend this to anyone.  If you don’t have one that has variable temperature control, it will just cook your meat while it’s drying, and it will taste like bad army food.

IMG_0863

The better way to make biltong is the traditional way – air drying.  I built myself a nice little cage out of flyscreen, rope and wooden planks, using a staple gun to attach the flyscreen to the sides.  The top and bottom covers are removable, to make it easy to access and clean the cage:

IMG_0972

I also added some wheels to make it easier to drag this thing around the house:

IMG_0976

The meat is prepared by marinading it in vinegar and the basic biltong spices: coriander, pepper, salt and a little brown sugar.

IMG_0859

Then these spiced beauties are hung in the cage by attaching little hooks through them. S-shaped hooks made out of normal binding wire does the job perfectly.

IMG_1125

Using a fan to help blow-dry the meat makes the curing process a little faster, but is not essential.  It does help, however, if you have moving air around the meat.

IMG_1134

Look at these beauties – pure nature at it’s best: environmentally friendly, bio-degradable, and extremely good for my heart and emotional well-being:

IMG_1129

A good piece of biltong is what makes life worth living.

IMG_1140

(No additional animals were killed during the production of this blog…)

Wednesday, August 17, 2011

Pragtige natuurfotos

Hierdie natuurfotos is so mooi, my oë traan nou eintlik van vreugde:

IMG_1129

IMG_1132IMG_1141

IMG_1131

Regte egte organic biltong – no other animals were harmed during the making of this product.  Completely biodegradable and environment-friendly.

Dit kan mos net ‘n ou biltongboer se hart blymaak om dit te sien.  My ou biltongkassie het ‘n goeie job gedoen.

Die lewe is ‘n fees!

Saturday, August 13, 2011

Biltongkas

My vorige pogings om biltong te maak met ‘n stupid dehydrator het nie lekker gewerk nie.  Die ding waai warm wind deur die vleis, maar hy maak dit te warm, en dan is die vleis so half gekook – nie lekker nie.  As jy dit nie vinnig genoeg uithaal nie dan kook die vleis, maar die dikker stukke is weer nie reg as jy dit te vroeg uithaal nie.

IMG_0931

Toe besluit ek dis tyd vir bietjie handewerk in die garage.  Ek bou eerder my eie “purpose-built” boer-maak-‘n-plan biltongkas:

Biltongkas sonder gaas

Ek het sommer vir die ding wiele ook gegee, nou kan hy vinnig geskuif word as die aliens aanval of as ons moet vlug vir die wille dingos.  Ek kan hom dalk agter die kar sleep as ons op vakansie gaan ook.

wheeliebin

Die gaas het ek met ‘n staple gun vasgestik – so maklik soos niks. Die hardste werk was om al die lyne te span binne-in:

IMG_0969

Nou moet ek net eksperimenteer met tyd, windrigtings en temperature, en dan het ons ‘n wenresep. 

IMG_1123

Biltong verkoop in hierdie geweste vir meer as $60 per kg.  Ek gaan ‘n miljenêr word – dis nou as ek nie al my profyt self opvreet nie.

Thursday, August 11, 2011

Grensstories – Deel 7: Min dae

Die lewe op die grens was nie altyd stof, snot, koeëls en hare nie. Ons het lekker tye ook gehad daar in Opuwo.

Ons het nooit middagete of ontbyt gehad nie – ons het ‘n “brunch” gehad. Oor middagete tyd het ons siesta gehou – so lekker ou uurtjie se rus. Die majoor moes ons gereeld daar uit die kamers kom jaag as die uurtjie bietjie te lank geraak het.

So entjie in die pad af was daar ‘n lekka ou winkel met die naam van Nawa Stores. By Nawa Stores het jy alles gekry – ketels, komberse, koffie en enige ander ding waaraan jy kon dink. Ek het ‘n kombers daar gekoop wat ek nou nog het, en ‘n rooi ketel en ‘n lekka ou bierbeker met ‘n prentjie van ‘n Himba tannie op, met die woorde “Opuwo - Topless town” daarop gegraveer.

Die Himba mêmes het mos so topless rondgeloop. Daar was manne wat hulle vergryp het aan die half geklede dames, maar daai rooi klei waarmee hulle hulle lywe besmeer het meeste selfrespekterende manne weggehou van hulle af. Jy ruik hom nog lank voor jy hom sien. Himbas bad een keer in hulle lewe – dis nou die dag voor hulle trou. Hulle hele lyf word van kleins af met daai klei besmeer, selfs die hare word ge-ghries met die goete. Dis amper soos knoffel – dit hou al wat ‘n muskiet en ‘n gogga is, ver weg van jou af, en meeste mense ook. As ons hulle ‘n lift op die buffels gegee het, dan was die buffels se seats rooi van daai goed. En die stank vat dae om te verdwyn.

Mens het later die reuk gewoond geraak en dit amper nie eens agtergekom nie.

Alfa basis was so entjie buite die dorp. Een van ons pelle was ewe die “bevelvoerder” van alfa basis. Een naweek het ons bietjie daar gaan kuier en ‘n paar bottels Captain Morgan Spiced Gold gaan leeg maak. Ons besluit later die nag ons wil kyk of die wagte wakker is. Ons stap met ‘n R4 na die wagkamertjie toe, en trek skote in die lug in. Daai arme wag skrik sy melk suur, en amper skiet hy die hel uit ons uit. Ons was teen die tyd bietjie warm van die rum, en gelukkig het die wag nie raakgeskiet nie.

Dis nou maar die tipe van ding wat ‘n dienspligtige doen om homself besig te hou.

Ons het ‘n lekker ou swembad gehad by die offisiere kwartiere. Die ding was nie soos vandag se fancy swembaddens nie, dit was net met baksteen en sement gebou. Ons het besluit ons wil kyk wat maak ‘n detonator as hy in die swembad afgaan. Dit was vet pret. Die grond rondom die swembad vibreer wild, en later sien ons vreeslike nuwe krake oral begin uitslaan. Toe Majoor Grensvegter later die krake sien, weet niemand waar dit vandaan kom nie.

Ons het nogal TV gehad oppie grens. Maar die TV vang nie eens sneeu op nie – daai dae was daar nog net een kanaal in Suidwes, en hy het nie veel verder Noord as Grootfontein gegaan nie. Langs ons TV was ‘n video masjien. Een maal ‘n maand het ons ‘n pak vars videos gekry van Windhoek af. Nodeloos om te sê dat ons party videos ‘n hele paar keer gekyk het – veral ene met die naam van “Fatal Attraction”...as jy hoor die manne brul en skreeu daar in die TV kamer dan weet jy wat kyk hulle...

Ek onthou nou nog dat ek die fliek “Planes, trains and automobiles” die eerste keer daar op die grens gesien het, en ek het my vrek gelag. Dis nou nog een van my favourites, en elke keer as ek dit kyk onthou ek die TV kamer in Opuwo.

Die onttrekking van die grens af het dinge vreeslik deurmekaar gegooi. Die rumours was sterk dat ons gaan uitklaar en huistoe gaan, en daarmee saam het die naafgat houding al hoe vinniger voorgekom onder ons manne.

Ons het nie eens 40 days gevier nie, want alles het te vinnig gebeur.

Een dag het daar ‘n klomp mannetjies opgedaag in wit karre en blou hoede. Party van hulle het blou berets gedra, ander het sulke blou tulbande gedra. Hulle was van Maleisië af. Ons het die manne maar snaaks aangekyk, veral toe hulle aandring op ‘n “prayer room” wat na Mekka kyk. Hierdie manne was nou die mense van die UN/VVO, bekend as UNTAG.

Tydens die 1 April inval wou hierdie manne ewe met ‘n Buffel na die SWAPO’s toe ry, met ‘n wit vlag op. Ons het hulle vriendelik aangeraai dat dit dalk nie so blink plan is nie. Hierdie perde het nie ‘n clue gehad van oorlog maak nie – hulle het hulle vergaap aan al ons toerusting en veral die Buffels en Caspirs het hulle vreeslik geïnteresseer.

Op hierdie stadium was dit al baie duidelik dat ons amper klaar is met diensplig – ons suidwesters, in elk geval.

Gepraat van 1 April, hier is nog ‘n lekker storie: Daar was ‘n ou wat saam met my JL’s gedoen het, maar wat op ‘n stadium afgegooi was van die kursus want hy het ge-AWOL. Hy kon dus nie rang kry nie. Toe ek by 102Bn opdaag, toe is hy een van ons kokke. Hy was vreeslik lus om te gaan veg, maar hulle wou hom in die kombuis hou – hy mag nie gaan skiet nie.

Een dag tydens die 1 April invalle, toe spring hy agter op ‘n Buffel wat uitry na ‘n kontak toe. Hy beland in die middel van ‘n kontak en skiet vir die vales. Hy skiet nog so lekker, toe jaag ‘n Koevoet Caspir hier reg voor hulle in – reg deur die middel van ‘n kontak situasie, sonder om boe of ba te sê oor die radio. Die perd is kwaad – die Koevoete het al die terrs uitgehaal nog voor hy een kon plattrek. Hy het later vir ons kom vertel hoe lekker dit was om in ‘n kontak te wees – mal blikskottel.

Dinge het na die 1 April inval weer bedaar, en die onttrekking was weer voor op die agenda.

Dit was nie lank nie, toe tree ons paar Suidwesters aan met ons siwwietasse en klim op ‘n Kwêvoël. Die Suid Afrikaanse troepe moet nog agterbly, en ons klaar uit. Hulle moes nog hulle volle tweede jaar klaarmaak in SA, en ons het net eenvoudig huistoe gegaan.

Ons het agter op die Kwêvoël gery al die pad van Opuwo tot in Kamanjab, waar ons by die winkel gestop het. Laat daardie aand het ons in Otjiwarongo gekom – natgereën. Ons het in die menasie geslaap, met ‘n lekkende dak wat ons nog natter gemaak het. Dit was alles die moeite werd – ons was oppad huis toe.

Die Kwêvoël het my in die straat reg voor ons huis afgelaai. Ek het daar afgeklim met my balsak en my siwwietas, en ‘n groot glimlag op my gesig.

Ek het my goed gevat en opgestap na die huis toe.

En dit was my laaste dag in die Army. Ongelooflik hoe dit alles net so geëindig het.

So paar weke later het ons almal ‘n tjek van R3000 gekry – uitklaar geld. Nou moes ons almal skielik gaan werk soek en ‘n nuwe lewe begin.

En dit was dit. Sonder ‘n dankie of ‘n parade of ‘n speech. Alles verby. Ons vir jou, Suid Afrika.