Wednesday, October 26, 2011

Die Koningin, die premier en die jets

Hier in die Wille Weste is mos nou groot dinge aan die broei. Al die groot kokkenosters van die Commonwealth lande kom vergader hier in Perth. Dis nou al maande lank wat beplan word vir die fancy koek-en-tee besigheid met die Queen en al die ander groot terroriste wat hier gaan tea-parties hou. Al Gaddafi se pelle kom ook – ou Zuma, Pohamba – net ou Bob (van Zim) is nie genooi nie, want hy het te veel geraas met ou Tony Blaar en die Queen se mense.

Hier is nou groot makietie hier Doer Onner. Ons fancy rooikop proim ministah het die queen gegroet sonder om haar se kniege te buig, want sy is mos darem ‘n moderne feminis wat nie tyd het vir fancy maniere nie.

Dis mos een van daai rare dinge hier in Australia – die Proim ministah ry met ‘n wit Holden – dis seker die enigste Commonwealth-land wie se groot kokkedoor nie in ‘n duur duitse voertuig rond-gekarwy word nie – die Holden is mos kamstig ‘n eg Australiese simbool. Hulle besef net nie dat die Holden eintlik ‘n simpel Opel is met ‘n ander badge op nie, en Opel is so Duits soos Hitler en sauerkraut.

Anyway.

Hier is hordes goeters gereël vir die affêre. Ons het selfs Saterdag ewe ‘n Big Barbeque with the Queen herself – en natuurlik gaan hierdie biltongboer nie die grootste moerse barbeque in wêreld-geskiedenis kan mis nie! Miskien kry ons nog ‘n ou kiekie van my en die ou antie – hou maar die nuus dop. Ek sal my mooi khaki safaripak aantrek net vir in geval. Met vellies, natuurlik.

Hier vlieg vreeslike goed rond – F18 hornets nogal. Hulle loer en kyk of die Sjinese of die Arabiere ons nie dalk wil binneval nie. Elke nou en dan vlieg hier ‘n hele spul Hornets hier reg oor ons koppe. Elke keer hol ek buitentoe om te gaan kyk, maar dis bewolk en die flippen pilots vlieg daar bo iewerste. Ek het twee van hulle nou die dag gesien daar in Leederville – man dis ‘n mooi ou stukkie vliegtuig daai. Wens net hulle wil my ‘n draai gee op die goed man.

image

Anyway, met al die duisende programme en planne was een van die planne om fotos te neem van verteenwoordigers van al die commonwealth lande wat nou in WA woon. Hulle kon mense kry van 50 van hierdie lande – almal woonagtig hier in die Wille Weste. Raai raai wie word toe die fancy family from Namibia? Dis net hy daai – julle eie ou biltongboer homselwers.

Hulle het ons een Vrydag middag daar in Kings Park afgeneem soos wafferse onderbroek-modelle. Na hulle elkeen van ons uit elke hoek en draai afgeneem het, het hulle besluit om my oudste dogter se foto te gebruik. Sy staan nou ewe en pronk daar in die Hay street Mall, en die oorspronklike kunswerk-foto staan in die staats-teater.

IMG_1314

Ek en my twee meisiekinders het toe nou die aand gaan kyk toe hulle die teater se opening doen – en toe gesels ek bietjie met ons eie ou Premier van Wes Australia. Hy is ‘n vreeslike vrinnelike ou omie, en ek het gesê hy kan kom biltong proe by my huis as hy ‘n tydjie kry. Ek het net vergeet van my safaripak, maar ek dink ek was darem nie te onsmaakvol geklee vir ‘n suidwes biltongboer nie, of hoe?

IMG_0401

As ek geweet het hy gaan daar wees, kon ek dalk vir hom ‘n ou biltongtjie saamgevat het – dit sou seker beter afgegaan het as die fancy vinger-etes wat hulle by die plek gehad het. Ons moes maar doen met die smoked salmon en allerhande fancy mushrooms met kaas en WA se beste wyne.

Ek wonder of die ou queen my biltong sal eet daar by die groot barbeque?

No comments: