Monday, January 9, 2012

Boer met biltong

Ek het nou al 6 kg se biltong hierdie jaar verkoop, alles met een advertensie wat ek by die werk opgesit het.

Teen hierdie tempo gaan ek een van die dae aftree en boer met biltong.

IMG_0971

IMG_1122 cropped

Ek het my biltong-hok so bietjie opgegradeer en die toutjies met kettinkies vervang. 

Die toutjies sak te veel af as jy te veel gewig daaraan hang, waar die kettings altyd dieselfde spanning het, en die biltong kan nie afskuif en teen mekaar raak in die kas nie.  Die biltong hakkies haak ook maklik in die kettingkies in.

Dis ook nou baie maklik as jy onder wil werk, die boonste kettings haal maklik af en jy kan al die kettings uithaal as jy die hok wil skoonmaak.  Ek sit tinfoil onder in die hok, ek vou dit op teen die rante onder, en dan is daar die minimum gemors binne-in die hok as jy klaar is.  Haal die tinfoil uit en gooi weg en siedaar – ‘n skoon blink hout boks.  As jy regtig wil kan jy die kettings ook skoonmaak na die tyd.

Dis ‘n baie goedkoop oplossing.  Ek dink my hok se ontwerp is nou redelik uitgesorteer.  Stuur baie geld en ek stuur vir jou die afmetings en instruksies!

IMG_1975

Party mense bestel sommer 2 kilos op ‘n slag, ek sal nou ‘n groter hok moet bou wat ‘n hele bees kan hanteer!  Net soos ek dink my voorraad gaan nog ‘n week hou, dan kry ek nog ‘n bestelling.  Dis dalk tyd om my prys op te stoot, teen $40 per kilo is dit die goedkoopste biltong in Perth.

Mensig, met ‘n klein bietjie harde werk kan mens baie geld maak…

1 comment:

Mollers Down Under said...

Dit klink of jy meer sukses behaal het as ek wanneer dit kom by biltong maak! Maar dan weer, my kassie gaar stof op in plaas daarvan dat hy werk. Miskien moet ek myself in rat kry en weer aan die gang kom! Groetnis vanuit die ooste.