Sunday, May 16, 2010

Huisvrou van die Namib

Ek sit mos nou hier by die huis en huisvrou speel. My vrou is daar in Aapland, op 'n Afrika safari, terwyl ek hier sit en kinders grootmaak - stoksielallleen op 'n Saterdagaand.

Ek het nou vandag en more verlof ingesit, want ek moet darem ook voel hoe dit voel om 'n huisvrou te wees.

Hulle sê mos mans kan nie "multitasking" doen nie. Kom ek vertel jou bietjie van multitasking. Ek kyk 'n movie op TV met die klank lekker hard aan; ek maak vloere skoon, ek maak die kombuis skoon, ek het klere in die wasmasjien, en ek het 'n lekker lamb roast wat daar in die Weber lê en gaar word.

Die kombuis blink, en ek het die barbeque buite ook sommer 'n slag gewas. Die sitkamerbanke se kussings is vir die eerste keer hierdie jaar afgehaal en ek het onder hulle gestofsuig. Ek kyk movie, ek drink koffie, alles so terwyl die kos kook en die huis skoongemaak word.

My jongste meisiekind het by 'n maatjie gekuier, en toe sy terugkom toe huil sy en daar spring die grootste stuk snot uit haar neus uit wat ek nog ooit in my lewe gesien het. Die tannie wat haar afgelaai het skrik nog groter as ek, en daar gaat sy. Ek hol badkamer toe en vee daai meter-lange stuk ghwel met 'n halwe rol toiletpapier van haar gesig af.

Ek dink dis tyd dat my vrou begin werk sodat ek voltyds huisvrou kan word. Dis kinderspeletjies die.

Friday, May 14, 2010

1975

Ek was 5 jaar oud, en my boetie was drie. Ons het vir die naweek weggegaan iewers heen; ek kan nie onthou waarnatoe nie. My pa was nie saam met ons nie.

Ons was terug by die huis. Ons het by die trappe opgeklim na die voordeur toe. Ons het by die huis ingestap en iets het vir my anders gelyk. Die Hi-fi was weg. Hoekom ek dit tot vandag toe onthou, weet ek nie. Ek het vir my ma gevra wat van die Hi-Fi geword het.

Sy het vir my iets verduidelik van dat sy en my pa geskei het. Hy gaan nie meer hier by ons bly nie, maar hy sal kom kuier nou en dan.

Niks het dus vir my verander nie, want hy was in elk geval nooit daar nie. Behalwe vir die feit dat hy opgehou het om nou en dan te kom kuier - daai deel was nie heeltemal waar nie.

Ons het opgehou duits praat en hom nie weer gesien nie.

Iets binne my wou altyd 'n pa gehad het. Ek was klein, maar ek was hard, en my ma verkeer onder die indruk dat ons dit maklik hanteer het. My maatjies het almal pa's gehad. Hier en daar was daar ook verdwaalde siele uit gebroke huise, maar hulle was nog minder lus om daaroor te praat. Meeste van hulle was moeilikheid makers - die moeilike kinders.

Toe ek tien jaar oud word het ek 'n nuwe pa gekry. 'n Wonderlike man wat vir my baie beteken. Dis egter moeilik om tien jaar van jou lewe in te haal asof dit nie gebeur het nie.

Ek was sterk, al was ek klein, en ek het groot geword.

Die dag toe my vrou my vertel dat sy swanger is, was vir my 'n groot uitdaging. Nie omdat ek nie van kinders hou nie, maar omdat ek bang was dat ek so sleg pa soos my eie sou wees. Hoe moet ek weet om kinders groot te maak? Gaan ek ook weghardloop en dit los vir 'n ander man om later te kom doen?

Die dag toe ek daai klein seuntjie die eerste keer vashou, het ek geweet ek is nie so nie. Maar dit maak dit moeiliker om te verstaan. Hoe kan enige iemand sy eie kinders weggooi en ignoreer, en maak asof hy hulle nie ken nie? Hoe kan jy nie wil weet hoe dit met jou eie kinders gaan nie? Hoe kan jy nie belangstel in hulle nie? Hoe vergeet mens jou eie kind se verjaardag?

Daar was baie ander vaderfigure in my lewe - mense wat my rigting gegee het toe ek dit nodig gehad het. Maar hy was nie daar nie.

My seun word groot, en elke keer as ek sien hoe hy opkyk na my, maak dit op vir dit wat ek nie gehad het nie. Mag hy nooit daardie verwerping ervaar nie. Die vloek is gebreek.

Thursday, May 13, 2010

Upgrades en downloads

Ek het destyds, net na ons in ons eerste huis ingetrek het hier in Perth, aansoek gedoen by Telstra vir my internet broadband konneksie.

Telstra is Australia se weergawe van Telkom. Hulle het ‘n groot monopolie aan die gang, en baie mense voel dat hulle te duur is. Daar is ook baie kompetisie in die mark.

Ek het na al die opsies gekyk, en ‘n paar was baie beter wat broadband betref. Waar dit egter begin haak het, was om ADSL2+ by my huis te kry. Meeste van die ander verskaffers het gefrons en gewonder en alles vertraag. Telstra het dadelik bevestig dat hulle dit kan doen, en het dit binne ‘n redelike vinnige tyd ge-installeer. Hulle kon ‘n goeie ADSL2+ diens verskaf sonder probleme.

Ek het ‘n internet konneksie wat ‘n maksimum spoed het van 20Mbps, hoewel dit nooit regtig daardie spoed bereik nie. Ek toets dit gereeld, en kry normaalweg tussen 5000kbps en 6000kbps na ‘n server in Los Angeles, en bietjie vinniger na Londen, en dan tussen 350kbps en 500kbps upload speed. Ek het sopas ‘n toets gedoen en 11272 kbps gekry na Londen met upload speed van 488kbps.

image

Dis goed genoeg vir my. Hierdie bandwydte is beperk tot 12G se downloads per maand, ‘n limiet wat ek nog nie een keer kon oorskry nie, selfs nie toe skoonma hier gekuier het en gereeld internet videos gekyk het nie. My hoogste verbruik vir een maand was so tussen 9 en 10G.

Intussen het ek gesien ek kan ‘n paar dollar spaar as ek my FOXTEL rekening kombineer met my Tesltra rekening. (FOXTEL is nou Australië se weergawe van DSTV.)

Toe ek my FOXTEL die eerste keer bestel het, het ek net die gewone decoder bestel. Hy kan nie record en rewind en al daai dinge nie. Die fancier ene is FOXTEL IQ, wat vir jou toelaat om een kanaal te kyk terwyl jy die ander record, en al sulke goed. Dan is daar IQ2, wat die HD service is.

Ek het nou al reeds gratis HD op my free-to-air kanale (cool - vir ‘n ingenieur is dit ‘n plesier om sulke dinge te beleef), maar ek dink nie dis die moeite werd om te betaal net om dinge in HD te kyk nie, veral nie op my ou 22duim skermpie nie.

‘n Bietjie agtergrond vir die lesers:

Australia is besig om al sy “Free-to-air” kanale oor te skakel na ‘n digitale stelsel. Free to air is die gewone televisie kanale, soos hulle in SA die SABC kanale en ETV het. Binne die volgende paar jaar gaan al die ou analoog seine afgeskakel word, en dan gaan jy net digitale TV kan ontvang. Digitale TV is beter kwaliteit, dis soos MNET maar jy betaal nie fooie nie, want dis publieke kanale.

Digitale TV het twee groepe - SD en HD. SD is standard Definition, en HD is High Definition. Moderne TV’s kan SD kanale vanself opvang, en die duur groot skerms kan HD direk ook opvang. Die ou soort gewone TV’s wat ons ken, kan nie digitale kanale opvang nie, en om dit te kan doen moet jy ‘n set-top box koop. Die ding is maar net soos ‘n MNET decoder wat die sein verwerk en omskakel na ‘n gewone TV sein. Van hulle kan HD ook opvang, maar jy verloor natuurlik die HD kwaliteit as gevolg van die omskakeling na analoog seine, behalwe as jy ‘n nuwer TV het wat ‘n HDMI kabel konneksie het.

Die pyn met hierdie free to air kanale is dat hulle jou bombardeer met advertensies. FOXTEL wys bietjie minder advertensies, maar ook nie veel minder nie.

In elk geval, ek het nou heel van die pad af gegaan met die storie. Meeste van julle sit en snork seker alreeds.

Ek sien toe dat hierdie bondel-affêre goed werk. As jy jou internet, jou FOXTEL en jou foon almal saambondel by Tesltra, dan kry jy goeie afslag. Jy kry ook net een rekening vir al drie daardie goed, wat jou betaling makliker maak. Ek het dit intussen al so saamgebondel, maar ek soek eintlik die IQ decoder wat kan record en agteruit-speel en koffie maak en al daai dinge doen.

Ek was nou vir ongeveer 40 minute op die foon met Telstra se helpdesk. Meeste van die tyd was my foon natuurlik op speakerphone en het ek na musiek geluister. Maar om ‘n baie laaaang storie kort te maak, kry ek nou FOXTEL IQ saam met 25G broadband elke maand (ipv die 12G wat ek gehad het), en ‘n beter home phone opsie wat my ekstra gratis lokale oproepe gee, en dit kos my alles saam $10 minder per maand as wat ek tot nou toe elke maand betaal het.

Hoe verstaan mens dit? Hoekom het ek dit nie al lankal gedoen nie, wonder ek?

Elke dag leer mens iets nuuts…as jy jou oë oophou, natuurlik.

Wednesday, May 12, 2010

Wille naweek met die kinners

[Ou storie - Oktober 2009]

"Dis lekker, Pappa", sê my jongste, en vee die vet van haar wang af met haar mou. Daar is kos in haar hare, en sulke vuil kolle op haar hemp. Sy lyk soos 'n weeskindjie in Katutura.

"Is daar nog ribbetjies, Pappa?", vra my oudste seun terwyl hy die laaste stuk bacon in sy mond prop.

Daar is nog, maar sluk eers daai af met 'n bietjie coke, seun.

Dis Saterdag-oggend ontbyt. Ma is weg op een of ander vrouekamp, en Pa is in charge vir die naweek.

Iewers in die huis moet daar nog skoon skottelgoed wees, maar niemand weet waar nie. Die wasbak is vol, en die skottelgoedwasser is toegepak. Dis tyd om die papierborde uit te kry. (Hoekom het ek nie lankal daaraan gedink nie?)

Die kinders het almal voor die TV aan die slaap geraak gisteraand. Dit was al manier om hulle stil te kry sodat hulle nie heelnag neul oor Ma wat weg is nie.

Hierdie kinders van my vreet mos heeltyd. Waars die dae toe ek 'n kind was - ons het drie etes per dag gehad en dit was dit. My vrou het een of ander deal aan die gang waar die kinders heeltyd aanmekaar vreet. Hulle eet darem redelik gesond, maar magtag, mens kan nie heeldag so inprop nie. Ek moet oral appelstronke en piesangskille optel, en dan eers weer raas en baklei tot iemand sy gemors skoonmaak.

Daar is darem nog genoeg ribbetjies om later weer te braai. En ek het die pizza-plek se website onder my favourites.

Ek het intussen een vreeslike hooikors opgetel, en kan amper nie deur my neus asemhaal nie.

Ek moet seker vanaand die kinders in die bad kry. En more moet hulle 'n slag skoon klere aantrek, want ma kom terug. Ek wonder of enige van hulle al tande geborsel het die naweek?

Die plek is 'n gemors - hoe is dit moontlik dat drie minderjariges so baie kan mors? Hierdie naweek leer hulle al drie hoe 'n besem en 'n mop werk.

Nou moet ek eers bietjie slaap inhaal. Ek het my vryheid geniet en laatnag action movies gesit en kyk.

Ek weet nie of ek sal kan wakkerbly deur vanaand se Curriebeker wedstryd nie. Die kinder-oppassery is harde werk...

Sunday, May 9, 2010

Die Ghana scammer storie

Ek weet baie van my getroue lesers het alreeds hierdie storie gelees toe ek dit die eerste keer geskryf het op 'n ander plek. Hier is hy weer, vir al my nuwe aanhangers - al tien dele van die lang vervolgverhaal mooi netjies bymekaar - in technicolor!

Click op hierdie link om te begin, en volg net die links aan die einde van elke storie tot jy by Deel 10 kom.

Please note that no children or animals were hurt during the making of this production.

Die Ghana pakkie storie - Deel 10

Chester het probeer om weer die besigheid verder te voer:

Dear Kevin,

Now, about something else.

I can see that you are a keen contemptible businessman, and I can trust you. I would like to know if you want to do more business of another dubious nature.

You see, the real business is in a new drug called Varkbal. I have been setting up some really good networks all over Africa, and I know you can be of good help to us.

If you are interested let me know. You are under no obligation to do this other business, I am only offering because we are good partners so far. It is only for those with a strong heart and mind, the kind of people who are really hardworking decadent businessmen. If you think you are that kind of man, then we can talk about it. But, if not, please do not mention this to anyone, it could cause many problems of a compromising nature to me and my atrocious company. This is just our secret - between you and me, all right?

So let me know how you feel about exposing yourself to an international disturbing business.

I will be out of reach over the weekend - will be back in touch on Monday.

Regards,
Chess


Daar was geen terugvoer van Kelvin af nie, toe probeer ou Chess maar weer:

Hi Kevin,

I am back after a busy weekend running all my affairs. Have you recieved my last email?

Are you interested in doing business with me?
Let me know. Time is running out.

See you later
Chess
Weereens niks. Chester moet nou alles probeer om die man se aandag te kry. Lyk my ek het nou die keer te ver gegaan - uiteindelik.


Kevin,

I haven’t heard from you, so I don’t know if you’ve gone to Yendi yet.

I have had many problems with these FedEx people, and I have decided to go and collect that package at Yendi myself. I want to fly in to Ghana on Thursday and meet you at the airport at Yendi.

We are flying in with our corporate jet. We will land at Accra airport, and will immediately get a connect flight to Yendi.

Hopefully I will be able to sort out these depraved smugglers who have our package.

Hope to you see you there. We will land there at 13:30.
Regards,
Chess


Steeds net stilte - miskien is hy al in Yendi? Wie sal ooit weet?

Dis nou hier waar ek my finale haas uit die hoed gehaal het. As Kevin nie meer vir Chester vertrou nie, bring 'n derde party in. Dis tyd om die kat in die hondehok te gooi:

Hierdie "angle" op die storie het weereens baie vernuf en verbeelding gevat van my kant af. Gelukkig het ek kontakte - so watch it.

Hier is die laaste email wat ene Kelvin Kamwe van my af ontvang het. (Of was dit nou ekke?)



From: John Edgar Heever [mailto:fbi_anticorruption_unit@elitemail.org]
Sent: Wednesday, 3 June 2009 20:21
To: Kelvin kwame
Subject: Corruption and fraud investigation




Dear Mr. “Kamwe”,
First, let me introduce myself:
My name is John Edgar Heever, I am with the FBI. We are currently investigating a case of fraud, murder, money laundering and international drug smuggling, and as a result you are now under investigation.
We have proof that you have been in contact with a certain Mr. John Paul Emeka. We also have proof that you have been involved in numerous cases of fraud, embezzlement and misrepresentation, and that you have stolen international funds.
As we have international jurisdiction, we are allowed by the Ghana government to operate on foreign soil, and we have therefore been following your every move and action for the last two months.
We know when you go to sleep, we know when, where and what you eat, we know each time you log into a computer, and we have been tracking each of your criminal transactions.
The most alarming discovery, however, is that we found that you had direct relations with Mr. Chester Williams. This person is on the most wanted list in ten countries, and we have been tracking him down for quite a while.
As you probably know, Mr Williams is an extremely dangerous man. He would not think twice about your life, and will certainly silence anyone who has had contact with him and could testify against him in a court of law. He always covers his tracks, which is why he has been so difficult to hunt down.
We have discovered that Mr. Williams was planning on sending some illegal drugs to Ghana, and he has been arranging to send a package containing these drugs to you. He was just using you - you were under the impression that he was sending you cell phones or something similar.
I would strongly recommend that you co-operate with us during this investigation. It’s your choice, you can decide: do you want Mr Williams to get to you first (and kill you), or would you rather help us to catch him before he gets to you? It’s your choice.
Let us know what you have decided. You have 24 hours. If we hear nothing from you within 24 hours, we will regard you as un-cooperative, and we will just sit and wait for Chester Williams to hunt you down. That way, we will be able to catch him, and get him charged for murder. We will have no use for you any further. We do not negotiate with terrorists, and we don’t stand in their way when they get killed by other terrorists.
If you are aware of Mr Williams’s whereabouts, I suggest that you inform us, because we have information that suggests that he is on his way to Ghana on a mission to get rid of evidence - including any humans who can testify against him.
As I said, “Kelvin”, it’s your choice. And by the way, before you try your luck - we know you are not really Kelvin Kamwe. We know you have been providing false ID documents in the name of John Paul Emeka, although you used the passport of Daniel Ghaudunkwa and illegally made a counterfeit passport.
We know much more than you could ever think.
Have a nice day
John Edgar Heever
FBI







Die skrywer se finale woord na diepe innerlike betragting:

Ek dink ou Daniel Skedonkwa het sy broek natgemaak en 'n donker streep in die straat gelos. Hy het seker sy rekenaar aan die brand gesteek, en loer heeltyd oor sy skouer. Ek hoop tog Chester kry hom eendag regtig in die hande. Ek hoor sulke "rumours" dat Chester laas in Accra gesien is met 'n AK47 en 'n byl.

Weereens beloof ek plegtig dat al die emails hier presies net so geplaas is soos wat hulle gestuur is, sonder enige redigering, behalwe vir die blou wat ek ingesit het om sekere science fiction mee te beklemtoon, en die rooi kommentare tussen-in.

Ek kan die oorspronlike chain van emails vir jou aanstuur as jy my nie glo nie, en julle is natuurlik almal vreeslik welkom om 'n emailtjie te gooi na my "Ghanaian friend", Mr Kelvin Kamwe, alias John Paul Emeka, alias Daniel Gaudunkwa by
mrkelvinkwameh@yahoo.cn

Of gee hom gerus 'n luitjie namens die FBI. Sy nommer is 0249141364 in Accra, Ghana - not Gambia, but Accra Ghana so it is Ghana not Gambia because I notice that you say Gambia but it is Ghana...

As iemand 'n spin op die storie wil gooi van FedEx se kant af - let him have it, en laat weet my wat gebeur het. Laat weet my watter ander idees julle nog mee kan opkom, maar ek dink nie Kelvin wil meer met my besigheid doen nie. Dis seker maar 'n "cultural issue".

Fluit fluit, die storie is uit. As julle van hom gehou het, en genoeg smeek, dan kan ek die 25-jarige dametjie van Nigeria ook uithelp - sy het onlangs 'n emailtjie in my junkmail folder gelos. Amper soos iemand wat 'n windjie los in die teekamer...

May the Force be with you...

Die Ghana pakkie storie - Deel 9

Kevin het toe egter nie gebel nie, lyk my hy bluf oor die bellery. Hy het egter bo verwagting goed presteer met die volgende email.

Kevin is ewe skielik vreeslik bedees:

Dear Chester Williams
Here is the ID of Emeka John Paul who the package will be deliver to his address and he will bring it to me to enable do as we plane and I am also using this opportunity to say sorry if you don’t like the words I use in the last mail to you so am very sorry

Mean while I will be waiting for your response as soon as you receive this ID and give it to them please get back to me and let me know when the package will arrive here in Ghana and please do not forget to give them the phone number I give to you which they will call as soon as the package arrive here in Ghana

Thanks and i am waiting
Regards
Mr. Kelvin
Hier is die pragtige ID wat hy aangeheg het: (Kliek op die ding om beter te kan sien)

Die aangehegte paspoort is ‘n groot wenner. Ek soek al lank so ‘n trofee. Sien, onder die anti-scammer brigade, is dit ‘n trofee soos min - ‘n regte, egte fake paspoort van ‘n scammer.

Die man se MS-Paint skills is beter as Chong Wong sin, moet ek sê, maar nie orde-grotes beter nie.

Kyk hoe oulik is John Paul Emeka se naampie daar in ge-“paste”, in ‘n heel ander font as die res van die goed, maar hy het vergeet om die naam onder-aan in die paspoort se geheime kode ook te dokter. So, daar staan die naam ewe - Ghaudunkwa, Daniel...

Arme ding, hy is regtig nie die skerpste potlood in die blikkie nie.

Chester is egter be-indruk, en die transaksie kan uiteindelik weer voortgaan.

Chester het mos kontakte wêreldwyd, en met die mooi egte paspoort kan hy net vorentoe boer.

In Ghana is daar ‘n hele paar vliegvelde, wat ek danksy Google opgespoor het. Een van hulle is Yendi, wat ongeveer 619 km van Accra af is. Die plan het al lankal begin vorm aanneem in my brein, toe ek so na die kaarte begin kyk om te sien waar Ghana nou eintlik was.

Fedex kan ongelukkig nie in Accra aflewer nie, hulle kan net Yendi toe vlieg, omdat die aflewering mos nou eintlik verkeerd was van die begin af. Ou Kelvin sal bietjie moeite moet doen om die pakkie te gaan haal.


Dear Kevin,

I appreciate the reverential change in attitude, it is healthy for our relationship.

Thank you very much for the passport, I have forwarded it to FedEx, and they were indeed happy with it. They will be shipping to Ghana immediately.

This time we have the address correct. It is Ghana, not Gambia, it is Ghana as you said in your email, and I confirmed again that they will be sending it to Ghana. So it is Ghana, not Gambia.

They have your number, and should be calling any time soon.
Now, have you found any quotes from local traffickers about how much they will pay for a Nokia N97? How much is it worth, and when will you pay the money into the Global Courier Services Account? I need to receive my package soon please.

I have been thinking about visiting Ghana soon. Maybe we can meet in a nice quiet detrimental place and talk some more business one day.

Anyway, I hope to hear from you soon.

May the force be with you.
Regards,
Chess

Ek praat van local traffickers, soos in "drug traffickers", en hy lig nie eens ‘n halwe wenkbrou nie.

Sinonieme vir woorde wat ek gebruik het:

Reverential - respectful

Detrimental - harmful, damaging, disadvantageous, unfavourable
“Maybe we can meet in a nice quiet detrimental place...”

“May the force be with you?” Hierdie ou kyk obviously net iAfrika TV, hyt gin idee nie.

Inteendeel, Chester het nou die man se hartsnare geroer:


Dear Chester Williams

Thanks for your mail to me and am once again apologize for the mail I sent to you which you are not much happy about so please forgive and forget Mean while I have not ask how much they are selling the phone here but all know is that any amount the prize is here it must rich to pay the charge to Global Company to enable them deliver your package to you because the phone is expensive phone so don’t worry about that I will make sure I sell it the amount that will rich to pay for the delivering of your package

Regards what you said about visiting Ghana I will be very happy if you can do so because I have a friend who is a Banker and he is looking for a good trusted foreign partner that he can do business with a very large of amount and when you come I will introduce you to him so that he can do the transaction with you because I have the trust in you and I will guarantee him in that you are a nice person so no problem about that

Thanks and I will let you know as soon as the phones arrive here in Ghana and Fedex company call to come and collect it
Thanks and I am waiting to here from you as soon as you receive this mail about the business I talk about with my friend who work in a Bank here

Regards
Mr. Kelvin

Oh yes! A new business partner! Asseblief meneer.

Nou begin dinge lekker raak. Ons is nou klaar met die speletjies, hier kom nou groot besigheid.

Ek het geweet hierdie ou gaan oorstelp wees van vreugde as hy hoor dat ek wil kom kuier. Dan kan hulle vir Chester hostage hou, rape, vermoor en al wat 'n lekker ding is. Daar was so tyd terug 'n dom Aussie wat so gevang is toe hy Nigeria toe gaan. Hy land daar met sy aktetassie om die "groot geld deal" te doen, toe druk die manne hom in 'n kar se boot en hy sukkel 4 maande lank om weer uit die land uit te kom.

Ek het Kelvin se hartsnare geroer, en die vreeslike apology is tog te pragtig. Nou is dit tyd vir groot besigheid.

Maar eers moet ek die pakkie reroute na ‘n useless klein dorpie in Ghana met die naam van Yendi.

Dear Kelvin,

There is good news, and there is bad news. The good news is that the package has arrived in Ghana. The bad news is that it was taken to another city close to you, the place is called Yendi.

They tell me it is not too far away from Accra.

Apparently there is some problem to deliver to Accra, something went wrong with the aeroplane, and it had to land on the airstrip at Yendi.

Fortunately it is very close to Accra, so maybe if you would take a taxi and go and fetch it there, it would save some time. Otherwise we have to wait for next month’s flight from Yendi to Accra.

I am very angry at these FedEx people, they have really messed this up in an insanitary way. So please just commandeer a train, ferry or bus to Yendi and go and get the package there if you please. I am sorry about this premeditated error.

I will write to you soon about some other business, I just need to handle a few meetings with my concubine and the despot.

Will be in touch soon.

Regards,
Chester
Greetings
Word vervolg...